Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Babasake hou twee All Blacks tuis
Ardie Savea in aksie in die vorige toets teen die Wallabies.Foto: Getty Images

Die agtsteman Ardie Savea en die stut Nepo Laulala is met kraamverlof en sal nie Saterdag vir die All Blacks in die Rugbykampioenskap teen die Wallabies speel nie, het die Nieu-Seelanders se afrigter, Ian Foster, Sondag gesê.

Albei spelers was afwesig toe die groep op die vliegtuig geklim het vir die vlug oor die Tasman-see.

Joe Moody was wel daar en Foster is vol vertroue dat dié ervare voorryman reg sal wees om in Sydney te speel.

“Ardie se babaseun is gebore, so hy sal eers later hierdie week by ons aansluit,” het Foster gesê.

“Nep se baba is nog nie gebore nie, so ons sal eers wag dat dit gebeur en dan sal ons besluit wat om te doen. “Maar in die stadium is die plan dat hulle twee eers in die tweede toets daar (in Australië) sal speel.”

Nieu-Seeland kan die Bledisloebeker vir die 18de agtereenvolgende jaar wen as hulle in Sydney wen.

Die twee spanne het twee weke gelede in Wellington gelykop met 16-16 elk gespeel en verlede naweek was die All Blacks in Auckland met 27-7 baas.

Hoskins Sotutu is die man wat na verwagting in Savea se plek gaan speel. Foster het egter gesê die 20-jarige groentjie Cullen Grace is ook in die prentjie.

Volgens Foster het Sotutu sover sy kanse “regtig baie goed” aangegryp, maar hy wat Foster is, sal ’n bietjie kopkrap of hy nie dalk “ ’n paar dinge” wil verander nie.

Vir Foster is ’n groot vraag wie op loskopstut moet begin ná Moody verlede week harsingskudding opgedoen het.

“Ons kon hom (Moody) nog nie laat saam oefen nie, maar daar is positiewe tekens dat hy reg sal wees,” sê Foster. – Reuters

Meer oor:  All Blacks  |  Nieu-Seeland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.