Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Bakleier’ Stassen nou ook geskors
Hendré Stassen in aksie vir die Blou Bulle tydens 2018 se Curriebeker-reeks teen die Haaie in Durban. Foto: Gallo Images

Nog probleme staar die voormalige Blou Bul Hendré Stassen in die gesig, minder as ’n maand nadat hy beskuldig is van aanranding.

Die 21-jarige Stassen, ’n slot en produk van die Hoërskool Dr. EG Jansen in Boksburg, is die afgelope week voorlopig geskors nadat hy positief getoets is vir die gebruik van ’n verbode middel. Hy speel vir die Franse klubspan Stade Français, wat deur Heyneke Meyer afgerig word. Volgens Reuters is hy in Mei positief getoets ná ’n Top14-wedstryd teen Montpellier.

Die klub sê in ’n verklaring dat Stassen, wat tot in 2018 vir die Pretorianers uitgedraf het, tydelik geskors is deur die Franse liggaam teen die gebruik van verbode middels.

Skaars ’n maand gelede is berig dat Stassen na bewering ’n tandarts op 16 Junie in die parkeerarea van ’n kuierplek in Lynnwood, Pretoria, met die vuiste bygedam het.

Die rusie, wat die swaai van appels voorafgegaan het, het glo gehandel oor Izett Visser, wat aan Botes gesê het dat sy enkellopend is.

Dié tandarts, dr. Markus Botes, was ná die voorval onder die mes, en daar is ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer teen Stassen aanhangig gemaak. Die rusie, wat die swaai van appels voorafgegaan het, het glo gehandel oor Izett Visser, wat aan Botes gesê het dat sy enkellopend is. Sy was glo vroeër Stassen se vriendin.

Daar is laat in Junie berig dat die polisie Stassen sal ondervra vir betrokkenheid by die geveg teen Botes sodra hy terug in die land is.

Stassen het glo vantevore ook al sy vuiste ingespan om die praatwerk te doen. Ná die onderonsie in Lynnwood het ook die privaat ondersoeker Mike Bolhuis bevestig dat hy deur twee kliënte genader is om ’n voorval, wat in September 2018 by die Weiveld-kuierplek in die ooste van Pretoria plaasgevind het, te ondersoek.

Stassen het die Suid-Afrikaanse Skolespan in 2015 en die Junior Bokke in 2017 by die o.20-Wêreldbeker-toernooi in Georgië verteenwoordig.

Meer oor:  Pretoria  |  Blou Bul  |  Rugby  |  Vuisgeveg  |  Skorsing  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.