Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Baldief Pocock hang sy stewels op

David Pocock, voormalige Wallaby-flank en -kaptein, gaan sy stewels vir altyd wegpak en sal hom nou op wild- en natuurbewaring, asook rugbyontwikkeling toespits.

David Pocock het aangekondig hy tree uit alle rugby. Foto: Getty Images

Dié bedrewe baljagter het verlede seisoen uit toetsrugby getree by die Wêreldbeker-toernooi in Japan nadat hy Australië in 83 toetse verteenwoordig het.

Hy het daarna by die Japannese span Panasonic Wild Knights aangebly.

“Hoewel dit ’n baie moeilike besluit was, voel dit regtig of dit die regte tyd is.

“Ek weet dit sal ’n uitdaging wees om daardie oorgang te maak,” het die 32-jarige Pocock gesê.

Pocock sal onthou word as een van gedugste teenstanders by die afbreekpunte die afgelope dekade of wat en hy was vir baie spanne ’n doring in die vlees in dié afdeling.

Hy is in Zimbabwe gebore, maar die politieke onstuimigheid in dié land het sy gesin laat besluit om in 2002 na Australië te verhuis.

Pocock het in 2008 sy buiging in internasionale rugby gemaak nadat hy as ’n tiener vir die Western Force in die Superreeks gespeel het.

Hoewel dit ’n baie moeilike besluit was, voel dit regtig of dit die regte tyd is.
David Pocock

Hy het die Springbokke se Wêreldbeker-droom in 2011 byna manalleen verydel in die spanne se ontmoeting in die kwarteindronde.

Pocock het die Wallabies in 2012 aangevoer toe James Horwill beseer is.

Hy het in 2013 die eerste van ’n rits ernstige kniebeserings opgedoen.

Verskeie Wallaby-afrigters het Pocock en Michael Hooper, ook ’n puik baldief, in diesefde lostrio gekies en die Aussies het in 2015 die Wêreldbeker-eindstryd gehaal toe die duo op dreef was.

Pocock was nog altyd uitgesproke en ’n kampvegter vir onder meer vroueregte en natuurbewaring en is in 2014 by ’n protesoptog by ’n myn in Nieu-Suid-Wallis in hegtenis geneem.

“Rugby het my so baie geleenthede gegee en ek is regtig opgewonde om die volgende generasie spelers hier in Australië en in Zimbabwe te ondersteun. Daar is soveel talent in albei lande,” sê Pocock. – Reuters

Meer oor:  David Pocock  |  Zimbabwe  |  Wallabies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.