Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Baljagter CJ Velleman mis see, terug vir OP

Kimberley se gat is darem maar net nie die see nie!

En die voormalige Southern Kings-flank CJ Velleman sukkel om van die see af weg te bly.

CJ Velleman het darem weer sy rugbyloopbaan ná ’n beenbesering by Griekwas aan die gang gekry. Foto: Griekwas

As hy nie in die see branderplankry of swem nie, wil hy ten minste elke dag darem die branders sien breek.

Dis natuurlik nie nou so maklik om gedurende die Covid-19-pandemie te doen nie, maar Velleman hunker na die see.

“Dit is een van die grootste redes waarom ek op pad terug is na Port Elizabeth. Ek mis die see en die gehalte lewe wat ek in die Oos-Kaap het,” sê Velleman (25), wat vir ’n paar maande sy rugby vir Griekwas gespeel het.

Velleman kuier eers vir ’n paar dae in die dorpie Eersterivier voor hy teen die einde van die week saam met die Oostelike Provinsie gaan begin oefen.

“Ek het nou wel nie soveel speelkans by Griekwas gekry soos ek sou wou gehad het nie, maar ek het darem weer aan die gang gekom ná ek lank uit was met my beenbesering,” sê Velleman.

“Die manne wat bo my gekies is by Griekwas was al langer as ek in die strukture en hulle het goeie rugby gespeel.

“Ek het dit eintlik nogal geniet by Griekwas en hoewel ek net in ses wedstryde gebruik is, het ek vir ’n paar weke ook harde kontaksessies gehad, wat goed was vir my selfvertroue.”

Volgens Velleman gaan hy nou maar vir die res van die jaar sy gewig agter die OP ingooi.

Hy het al in 2014 ’n paar wedstryde vir die OP gespeel voor hy deur die Kings genader is.

Velleman het ook voorheen vir die Madibaz uitgedraf en was van jongs af in die OP se jeugspanne.

Schalk Ferreira kan as speler en kaptein nog baie vir die OP beteken, maar nou soek die Cheetahs ook sy dienste. Foto: Gallo Images

• Die strydros-voorryman Schalk Ferreira het intussen nog nie besluit of hy sy tasse gaan pak vir Bloemfontein om vir die Cheetahs te gaan speel nie.

Die Cheetahs het ’n tekort aan voorrymanne en dit het skielik die deur vir Ferreira oopgemaak om daar te gaan speel.

Hy wag egter nog vir ’n finale aanbod van die Cheetahs voor hy sy besluit gaan neem.

Die OP sal moet wikkel as hulle die ervare Ferreira, wat volgende maand 37 jaar oud word, wil behou en sal dalk daaraan moet dink om hom as speler-afrigter te probeer kontrakteer.

Dis geen geheim nie dat Ferreira by afrigting betrokke wil raak. As die OP hom as voorspeler-afrigter, of minstens skrum-afrigter, kan betrek terwyl hy nog speel, kan hy dalk besluit om in Port Elizabeth te bly.

Meer oor:  Oostelike Provinsie  |  Op  |  Cj Velleman  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.