Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bantom kap ook na die ‘gifpenne’

Te midde van al die verdeeldheid in die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) blyk daar oor een ding eenstemmigheid te wees: Die media is die grootste vyand.

Selfs Ronald Bantom, wat op 8 Maart as die nuwe visepresident van die WPRU bevestig gaan word, het in ’n nuusverklaring, in sy persoonlike hoedanigheid, uitgevaar teen die media wat die WPRU se sake wil “sensasionaliseer” en “ander agente wat graag negatiewe mediadekking oor die unie wil sien”.

Rapport het Sondag berig dat Zelt Marais, die president, in ’n brief aan klubs en aandeelhouers gesê het dat die unie deur lekkasies uit eie geledere “verwoes” is, en dat die prentjie wat in die media van hom geskilder word onregverdig is.

Ek het agting vir die besluitnemers in WP Rugby se strukture.

Dít kort nadat Marais se omstrede onlangse media-onderhoud – waarin hy oud-amptenare van die unie en ’n voornemende belegger in die unie verguis het – hom juis kwesbaar gelaat het vir mosies van wantroue.

Ronald Bantom het in ’n persoonlike verklaring teen die media uitgevaar vir sy dekking van die Westelike Provinsie Rugbyunie.Foto: Son

Sy toekoms is straks tot ’n groot mate in die hande van Bantom, wat vir hom steun voor 2018 se presidentsverkiesing gewerf het en ’n groot blok van die WPRU se klubs as magsbasis het.

Indien Bantom teen Marais gaan draai, het hy dit egter goed weggesteek in sy verklaring.

“Ek het agting vir die besluitnemers in WP Rugby se strukture en sal nooit eie belang bo dié van die unie, sy lede en belanghebbendes, wat trotse en toegewyde ondersteuners is, stel nie,” sê Bantom in sy verklaring.

“Al die interne kwessies van die unie sal deur die unie hanteer word, omdat die unie goed ontwikkelde prosesse en strukture het wat sy sake beheer.

“My rol as een van die talle lede van die Westelike Provinsie se uitvoerende komitee is daarop gefokus om binne die unie se strukture en prosesse met sy sake om te gaan.

Pogings en planne om my status in rugby en persona swart te smeer, sal altyd misluk.

“Ek sal vir ewig daarna streef om die unie se doelwitte na te streef eerder as om geloofwaardigheid te verleen aan die volgehoue pogings deur die sensasiesoekende media en sy agente om verdeeldheid in die unie te veroorsaak.

“Indien dit nodig is om belangrike unie- of rugbynuus aan rugbyliefhebbers oor te dra, sal dit deur amptelike bronne van die unie eerder as ‘uitlekkers’ en ‘agente’ van diskoers gedoen word.”

Bantom sê ook dat sy naam en foto’s van hom sonder sy “toestemming” gebruik is in berigte oor beweerde binnegevegte in die WPRU.

“Ek is, was en sal altyd ’n lojale en toegewyde rubyondersteuner, in welke vorm ook al, wees. Pogings en planne om my status in rugby en persona swart te smeer, sal altyd misluk.”

Meer oor:  Westelike Provinsie Rugbyunie  |  Ronald Bantom  |  Wpru  |  Zelt Marais  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.