Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Barrett-broer verskyn in die hof
Die All Blacks se Barrett-broers Jordie, Beauden en Scott. Foto: Getty Images

Terwyl sy drie All Black-broers Nieu-Seeland in die Wêreldbekertoernooi in Japan verteenwoordig, het nog ’n Barrett ’n afspraak met die gereg gehad.

Stuff berig Blake Barrett, die vierde oudste van agt kinders van die bekende Taranaki-sportgesin, is in September sy bestuurslisensie kwyt nadat hy 100 strafpunte binne twee jaar opgestapel het.

Dit was slegs dae nadat sy broers Beauden, Jordie en Scott na Japan gereis het, waar hulle intussen die eerste drie familielede geword het om almal in dieselfde Wêreldbekerwedstryd ’n drie te druk.

Blake Barrett in die kleure van die Coastal-klubspan. Foto: Facebook

Blake (24) het Donderdag in die hof in New Plymouth verskyn waar hy ’n beperkte bestuurslisensie toegestaan is. Dié lisensie word uitgereik onder omstandighede van “uiterste ontbering”, soos in gevalle waar ’n persoon nie andersins by hul werk kan uitkom nie, en aansoeke kos $200 (sowat R1 900).

Blake, wat glo in New Plymouth as ’n bouer werk, het pas die seisoen saam met Taranaki se ontwikkelingspan voltooi.

Hoewel die presiese aard van Blake se bestuursoortredings onbekend is, word strafpunte opgelê vir verskeie misstappe op die pad soos spoed- en alkoholverwante-oortredings.

Die polisie het nie sy aansoek vir ’n beperkte bestuurslisensie teengestaan nie en regter Gregory Hikaka het dus Blake, wat sonder ’n regsverteenwoordiger in die hof verskyn het, se versoek goedgekeur.

Blake het nog nie dieselfde hoogtes as sy broers op die rugbyveld bereik nie, maar was onderkaptein van sy Coastal-klubspan en het Francis Douglas se skole-eerstespan vir drie jaar tussen 2010 en 2013 verteenwoordig.

Hy het ook op twee geleenthede aan die Hurricanes-skoleproewe deelgeneem.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby  |  Blake Barrett
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.