Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Barrett-broers troef Aucklanders

Die briljante Barrett-broers Beauden en Jordie het weer ’n groot aandeel gehad in die Hurricanes se oorwinning Vrydag in Auckland oor die Blues.

Jordie Barrett, heelagter van die Hurricanes, seil oor die doellyn vir sy drie teen die Blues op Eden Park.Foto: Gallo Images

Albei Barretts het ’n drie gedruk in hul span se sege van 22-12 op Eden Park.

Die twee Barretts het ook puik verdedig in ’n Superrugby-wedstryd waarin hul span die meeste van die tyd onder geweldige druk was.

Akira Ioane van die Blues en Beauden Barrett van die Hurricanes werp alles in die stryd in dié twee spanne se kragmeting in Auckland.Foto: Gallo Images

Beauden het ook met twee doelskoppe en Jordie met een strafdoel geslaag.

Die Blues het veral in die eerste helfte doelgerig aangeval, maar die Hurricanes se teenaanvalle vanuit gebroke spel of wanneer hulle omgekeerde besit gewen het, was fantasties.

Ross Geldenhuys, wat voorheen vir die Highlanders, Southern Kings en die Haaie gespeel het, het as plaasvervanger vir die wenspan ook puik spel op vaskopstut gelewer.

Puntemakers:

Hurricanes 22 (14): Drieë: Ben Lam, Jordie Barrett, Beauden Barrett. Doelskoppe: Beauden Barrett (2). Strafdoel: Jordie Barrett (1).

Blues 12 (7): Drieë: Sam Nock, Dalton Papalii. Doelskop: Harry Plummer (1).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Beauden Barrett  |  Jordie Barrett  |  Superrugby  |  Hurricanes  |  Blues
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.