Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Craig Barry vinnig wéér by Cheetahs

Die afskeidspartytjie is nog skaars verby en die makietie begin al weer.

Die Cheetahs het Dinsdag bekend gemaak dat die Westelike Provinsie se vleuel Craig Barry, ná ’n blitsbesoek aan Kaapstad, weer op pad terug na Bloemfontein is.

Craig Barry op pad om te gaan druk vir die Cheetahs.Foto: Gallo Images

Hy gaan dié keer tot Mei vir die Cheetahs in die Pro14-reeks beskikbaar wees.

Barry het Saterdag teen die Southern Kings sy “laaste wedstryd” vir die Cheetahs as leenspeler gespeel. Hy het hom Maandag by die Stormers in Kaapstad aangesluit.

Dit is egter Dinsdag bevestig dat die oud-Matie-kaptein hom volgende Dinsdag weer in Bloemfontein by die Cheetahs sal aanmeld.

Hy het aanvanklik met ’n leenooreenkoms na die Cheetahs gekom en die WP het verlede week aangedui dat hulle hom in die Superrugby-reeks wil gebruik.

Barry sou by die Stormers nie ’n eerstekeuse-speler gewees het nie, terwyl hy by die Cheetahs wel een is.

Die Cheetahs sal met hul vertrek na Wallis op 5 Februarie benewens Barry ook weer op ’n klompie van hul gereelde spelers kan staatmaak.

Francois Venter, die Cheetahs se kaptein en Springbok-senter, het die vorige twee wedstryd teen die Southern Kings met ’n nekbesering misgeloop en sy terugkeer is sonder twyfel ’n welkome een.

Die haker Torsten van Jaarsveld, wat ’n ligte dyspierbesering gehad het en nie teen die Kings in die tweede wedstryd gespeel het nie, is ook weer reg.

Die vuurvreter-flank Tier Schoeman, wat die wedstryd teen die Kings weens ’n skouerbesering misgeloop het, is ook slaggereed.

Nog ’n flank, Gerhard Olivier, het in Desember reeds van sy enkelbesering herstel en kan ook oorweeg word vir die toer.

Die Cheetahs hervat die Pro14-reeks op 10 Februarie teen die Cardiff Blues. Hulle speel op die toer ook teen die Glasgow Warriors en die Ospreys.

Die vleuels Malcolm Jaer en Luther Obi, asook die senter Tertius Kruger kan ook binnekort oorweeg word.

Die vleuel Rabs Maxwane, wat van die Blou Bulle op ’n proefgrondslag in Bloemfontein was, is intussen tot die einde van Junie 2020 gekontrakteer.

Spelers soos die senter William Small-Smith (knie, twee maande), slot Dennis Visser (knie, drie tot vier maande), skrumskakel Tian Meyer (lies, vyf weke), losvoorspeler Niell Jordaan (enkel, drie tot vyf weke), haker Elandré Huggett (knie, vier maande), veelsydige agterspeler Ruan van Rensburg (knie, twee tot drie maande) en die vleuel Lloyd Greeff (skouer, ses weke) gaan nog ’n ruk op die krukkelys wees.

Meer oor:  Craig Barry  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.