Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bastareaud kies New York bo Durban

Die Franse bieliesenter Mathieu Bastareaud het bevestig hy oorweeg dit om sy loopbaan by die Haaie-rugbyfranchise in Suid-Afrika voort te sit.

Mathieu Bastareaud gaan vir Rugby United New York in die Major League Rugby uitdraf.Foto: Getty Images

Dit het oor die naweek bekend geword dat hy vir Rugby United New York in die Amerika se Major League Rugby (MLR) gaan speel.

Daar was aan die begin van die jaar sprake dat Bastareaud hom moontlik by die Durbanse span kan aansluit. Hy het in 2017 twee weke by die Haaie deurgebring.

Dit is Sondag bevestig dat die senter van Toulon en Frankryk na die Wêreldbeker-toernooi in Japan na die Groot Appel skuif.

Bastareaud (30), wat 54 keer vir die Hane uitgedraf het, was vroeër met die Haaie in gesprek.

“My eerste opsie was Suid-Afrika, met die Haaie. Ons het lank gepraat, maar daar was niks bindend nie,” het hy aan L’Equipe gesê.

“Maar met my nuwe gesin het ek iets veilig benodig. Op die ou end is daar met gesprekke begin met New York se uitvoerende hoof Pierre Arnald.

“New York was uiteindelik die beste kompromie tussen die ondervinding van ’n blyplek en om iets nuuts saam met my gesin te beleef. Ek moet nou vir drie dink, nie meer net myself nie.”

Daar was aanvanklik berig dat Bastareaud sou waai met ’n leenooreenkoms van ’n jaar, maar hy het gesê dit is nie die geval nie.

“Dis glad nie ’n leenooreenkoms nie. Ek is onder kontrak met RTC tot November, en word dan tot Junie deur die New York-klub betaal,” sê hy.

“Oor wat daarna volg, is daar gesprekke. Sal enigiemand my weer wil hê? Dis nog nie duidelik nie. Dis ’n kuns om as ’n beter speler terug te kom.

“Dis net tot siens en sien jou gou. Ek hoop (om terug te kom) maar niks is nog bevestig nie.”

Bastareaud is New York se tweede buitelandse speler. Ben Foden, die voormalige veelsydige agterspeler van Engeland, het verlede jaar by die span aangesluit.

Die MLR wemel ook van Suid-Afrikaners. Die losskakel Joe Pietersen (San Diego Legion) het die laaste drie weke die MLR se span van die week gehaal. – Sportredaksie, rugbypass.com

Meer oor:  Haaie  |  Mathieu Bastareaud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.