Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Basta met kaalbas-tydskrifte

Twee van Japan se grootste geriefswinkelgroepe beplan om tydskrifte vir volwassenes van hul rakke te verwyder, met die doel om hul beeld te poets voor die begin van die Wêreldbekerrugbytoernooi en die Olimpiese Spele.

7-Eleven is een van die grootste geriefswinkelgroepe in Japan. Foto: Getty Images

Japan speel vanjaar gasheer vir rugby se skouspel, terwyl die Spele in 2020 in Tokio aangebied word.

7-Eleven Japan Co. het bevestig hy sal teen die einde van Augustus sy verkope van tydskrifte vir volwassenes landwyd staak.

Volgens Kyodo News sal Lawson Inc., nog ’n groot plaaslike geriefswinkelgroep, 7-Eleven se voorbeeld volg.

’n Woordvoerder vir 7-Eleven sê die verandering word ook aangebring omdat die demografie van hul klante besig is om te verander.

“7-Eleven is in die verlede meestal deur manlike klante besoek om drinkgoed en kitskos te koop, met ons produktereeks wat daarvolgens saamgestel is,” sê die groep in ’n verklaring.

“Maar die rol en gebruik van 7-Eleven-winkels het die afgelope paar jaar verander en het ’n belangrike inkopiebestemming vir gesinne, kinders en meerderjariges geword.

“Ons het besluit om die verkoop van tydskrifte vir volwassenes te staak om ’n ordentlike omgewing vir inkopies vir al ons klante te skep.

“Ons het ook die toename in buitelandse toeriste vir die Wêreldbeker en Olimpiese Spele in ag geneem.”

Tydskrifrakke staan gewoonlik voor in Japanse winkels. Tydskrifte vir volwassenes word nie versteek nie en kan maklik tussen die ander genres gevind word.

Die Wêreldbekertoernooi skop af in September, terwyl die Spele in Julie 2020 plaasvind.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Toetsrugby  |  Tokio  |  Pornografie  |  Japan  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.