Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Basta met verskonings, sê Blitsbok Kok

Die Blitsbokke kan nie langer die feit dat hulle in ’n opboufase is as verskoning vir hul swak vertonings gee nie, sê die ervare Werner Kok.

Dit nadat Amerika Suid-Afrika sonder seremonie Sondagoggend (SA tyd) uit die sewestoernooi in Las Vegas geboender het.

Werner Kok sê die Blitsbokke moet verantwoordelikheid neem vir hul vertonings op die veld. Foto: Getty Images

Amerika het vyf drieë gedruk om die wedstryd in kwarteindronde met 29-10 te wen.

“Ons is ’n beter span (as dit). Ja, daar is ’n klomp jong spelers, maar ons kan nie elke keer teruggaan en sê ons is in ’n opboufase nie.

“Ons gaan net moet beter speel. Ons kan nie ’n wonderlike wedstryd in die oggend hê en dan ’n wedstryd soos nou hê nie,” sê Kok.

Die Blitsbokke het inderdaad met ’n skitterende vertoning teen Engeland in sy laaste groepwedstryd vorendag gekom. Toe het Suid-Afrika met 29-12 gewen, maar helaas ’n paar uur later heeltemal van stryk teen die Amerikaners gelyk.

“Ons sal na onsself moet gaan kyk en aanspreeklik moet wees. Elke liewe ou in hierdie span is trots, jy trek nie net die trui oor jou kop en dink dinge gaan net gebeur nie. Ons sal moet gaan werk vir mekaar,” sê Kok.

Ons is ’n beter span (as dit). Ja, daar is ’n klomp jong spelers, maar ons kan nie elke keer teruggaan en sê ons is in ’n opboufase nie.
Werner Kok

Teen die Amerikaners was dit juis die basiese beginsels van die spel wat tot Suid-Afrika se ondergang gelei het. Geen span kan verwag om te wen as hy ’n skrum verloor, ore aangesit word by die afbreekpunte en nie afskoppe kan bemeester nie.

“Ons moet onsself, die span en die land gaan trots maak wanneer ons weer op die veld gaan,” sê Kok.

Dié volgende keer is Sondagaand om 22:28 (SA tyd), wanneer die Blitsbokke in ’n halfeindstryd om die vyfde plek teen Fidji, wat sy wedstryd in die kwarteindronde teen Nieu-Seeland verloor het, te staan.

Daar bestaan onsekerheid oor Mfundo Ndhlovu se beskikbaarheid nadat hy ’n besering op die tweede dag opgedoen het. Sou hy nie fiks wees nie, sal Muller du Plessis sy plek inneem.

En terwyl die Blitsbokke droëbek sit, sal Amerika en die Kiwi’s sake uitspook in die een halfeindstryd en Samoa en Argentinië in die ander een.

Meer oor:  Las Vegas  |  Blitsbokke  |  Sewesrugby  |  Werner Kok  |  Sewes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.