Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bastareaud nie homofobies, sê Toulon-baas

Mourad Boudjellal, die eienaar van die Franse rugbyklub Toulon, het vir die senter Mathieu Bastareaud in die bresse getree nadat hy uitgewys is vir ’n homofobiese aanmerking wat hy glo Sondag in ’n Europese Kampioenebeker-wedstryd teenoor ’n speler van Benetton Treviso gemaak het.

Mathieu Bastareaud. Foto: Getty Images

Bastareaud, ’n ervare Franse toetsspeler, het reeds op sosiale media om verskoning gevra vir dié voorval in die 80ste minuut waarin hy skynbaar die Treviso-speler Sebastian Negri ’n “f****n faggot” genoem het.

Bastareaud se neerhalende aanmerking is deur die skeidsregter, Luke Pearce, se mikrofoon opgetel en kon gehoor word op die TV-uitsending.

Pearce het Bastareaud daarna geroep en hom gemaan om te kalmeer, maar het nie verder teen hom opgetree nie.

Die EPCR (die beheerliggaam van die Europese Kampioenebeker-reeks) gaan egter die voorval nou verder laat ondersoek.

“Mathieu Bastareaud het in geen stadium ’n oordeel oor die ander speler se seksuele oriëntasie gevel nie,” het Boudjellal aan rugbyrama.fr gesê.

“Ek is nie homofobies nie, maar ek het al iemand ’n ‘faggot’ genoem. Dis iets wat alledaags geword het. Dis die eerste ding wat in jou kop opkom wanneer jy in ’n onderonsie betrokke raak,” het Boudjellal vir sy speler geskerm.

“Wat ek nou egter vrees, is die Mormoonse invloed in die EPCR, met die Walliesers en Iere (in hul geledere),” het Boudjellal gesê. – Reuters, The Telegraph


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.