Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bastareaud oor hoof gesien vir WB

D

Mathieu Bastareaud in aksie tydens 2019 se Sesnasiesreeks teen Ierland in Dublin. Foto: Getty Images

ie Franse strydros Mathieu Bastareaud is oor die hoof gesien vir Frankryk se span wat later vanjaar aan die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan gaan deelneem.

Dié 30-jarige bieliesenter, wat meer as 50 toetse vir die Hane op sy kerfstok het en ook al die span aangevoer het, is nie die enigste verrassende weglating uit die groep nie.

Ook die ervare skrumskakel Morgan Parra, die vleuel Teddy Thomas en die stut Uini Atonio, wat die skaal op meer as 150 kg laat kreun, sal met Jan Tuisbly se karretjie ry.

Daar was ook nie plek in die groep vir die voormalige Junior Bok Paul Willemse, wat vroeër vanjaar sy toetsdebuut vir die Hane gemaak het, nie. Dié 26-jarige slot is wel een van ses spelers wat as plaasvervangers aangewys is, en in die geval van beserings by die groep gevoeg kan word. Hulle sal ook deurgaans saam met die WB-groep oefen.

Bernard le Roux Foto: Getty Images

Die 30-jarige Bernard le Roux is die enigste oud-Suid-Afrikaner in die Hane se uitsoekgroep van 31 spelers. Dié boorling van Moorreesburg in die Wes-Kaap, wat eersterangse rugby vir die Boland gespeel het, is ’n ou bekende in Franse rugbykringe.

Frankryk se afrigter, Jacques Brunel, lê ná die Wêreldbeker die leisels as breier neer en word vervang deur Fabien Galthié.

Die onvoorspelbare Hane bevind hulle saam met Engeland, Amerika, Argentinië en Tonga in Groep C vir die toernooi, wat op 20 September in Japan begin.

– Reuters, Sportredaksie

Frankryk se groep:
Voorspelers: Gregory Alldritt, Demba Bamba, Yacouba Camara, Camille Chat, Paul Gabrillagues, Guilhem Guirado, Arthur Iturria, Felix Lambey, Wenceslas Lauret, Bernard le Roux, Peato Mauvaka, Jefferson Poirot, Louis Picamoles, Dany Priso, Emerick Setiano, Rabah Slimani, Sebastien Vahaamahina. Agterspelers: Geoffrey Doumayrou, Antoine Dupont, Gael Fickou, Wesley Fofana, Sofiane Guitoune, Yoann Huget, Camille Lopez, Maxime Machenaud, Maxime Medard, Romain Ntamack, Damian Penaud, Alivereti Raka, Thomas Ramos, Baptiste Serin. Plaasvervangers: Anthony Belleau, Francois Cros, Etienne Falgoux, Charles Ollivon, Vincent Rattez, Paul Willemse. 

Meer oor:  Mathieu Bastareaud  |  Frankryk  |  Japan  |  Rugby  |  Wereldbekergroep  |  Senter  |  Hane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.