Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bastareaud sê basta met toetsrugby
Mathieu BastareaudFoto: Getty Images

Die Franse bieliesenter Mathieu Bastareaud het ’n dag ná sy weglating uit Frankryk se Wêreldbeker (WB)-groep sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig.

Bastareaud (30), wat die skaal op 120 kg laat kreun, het in 54 toetse vir Frankryk gespeel. Hoewel hy vanjaar nog in die Sesnasies-reeks gespeel het, kon hy nie die Franse breier, Jacques Brunel, se groep vir die Wêreldbeker-toernooi haal nie.

“Die blou bladsy het omgeslaan,” het hy op Twitter geskryf oor sy loopbaan by Les Bleus.

Hy skryf ook hy is trots daarop om vir sy land te kon speel, wat kleintyd sy groot droom was. Hy het sy spanmaats sterkte toegewens met die toernooi in Japan.

Bastareaud se weglating is straks ’n aanduiding dat die Franse meer ondernemende rugby in Japan wil opdis.

Die Hane begin hul aanslag op 21 September teen Argentinië. Amerika, Tonga en England is ook in hul groep.

Bastareaud, wat die Hane twee keer aangevoer het, gaan volgende seisoen vir Rugby United New York in die Amerikaanse Major League speel. – Sportredaksie, rugbyrama.fr, the42.ie

Meer oor:  Mathieu Bastareaud  |  Frankryk  |  Senter  |  Toetsrugby  |  Hane  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.