Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bath grom oor beseerde Cokanasiga

Die Engelse klubrugbyspan Bath is die josie in vir die Engelse rugbybase.

Dit volg nadat die vleuel Joe Cokanasiga met ’n besering van die onlangse Wêreldbeker-toernooi in Japan af teruggekeer het, maar die Rose glo nie openlik met die klub oor die presiese aard van sy besering was nie.

Die Engelsman Joe Cokanasiga sit af op ’n lopie teen Amerika by die Wêreldbeker-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

Bath se direkteur van rugby, Stuart Hooper, sê hulle is “beperkte inligting” gegee nadat die 22-jarige Cokanasiga met ’n ernstige kniebesering uit Japan uit teruggekeer het. Cokanasiga het teen Amerika by die Wêreldbeker uitgeblink en twee drieë gedruk.

Volgens berigte in die Britse media kan hy tot vier maande langs die kantlyn wees.

“Uiteindelik het Joe na ons toe teruggekeer en is hy nie in staat om te oefen nie,” het Hooper ná Bath se nederlaag van 9-15 teen Harlequins Saterdag in die Europese Kampioenebeker-reeks gesê.

“Dit (om nie te kan oefen nie) is wat gebeur as jy beseer is. Maar ons moet seker maak dat ons bewus is van alles wat gebeur het, sodat wanneer hulle (beseerdes) weer by ons aansluit, ons ’n behoorlike plan vir die pad vorentoe het.”

Hooper het ook ’n hou ingekry na die Engelse Rugbyunie (RFU) oor gebrekkige kommunikasie oor die presiese aard van Cokanasiga se besering.

Tog het die RFU sy optrede verdedig.

“Ons is in gedurige gesprek met Bath-rugbyklub oor Joe se besering,” het ’n woordvoerder aan die Britse koerant The Daily Telegraph gesê.

“Die welstand van Engeland se spelers is baie belangrik vir ons, en ons mediese span van wêreldgehalte sal altyd in hulle (die spelers) se beste belang optree.” – Reuters

Meer oor:  Beseer  |  Wêreldbekertoernooi  |  Engelse Rugbyunie  |  Engeland  |  Bath
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.