Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beamptes moet OP eerste stel, sê Div

Hy wil graag sien dat van die beamptes wat altyd met soveel energie vooraf stemme werf, dit om die regte redes doen, sê Peter de Villiers, die afrigter van die Oostelike Provinsie se rugbyspan.

Peter de Villiers hoop die OP Rugbyunie kan ’n borgskap kry wanneer die verkiesing hierdie naweek verby is. Foto: Gallo Images

Die OP Rugbyunie hou Saterdag sy verkiesing en De Villiers sê hy sal die uitslag fyn dophou.

“Ek hoop daar kan meer positiewe dinge uit die verkiesing kom. Borge wil hul geld net in ’n stabiele omgewing instoot en ons het geld nodig om na die volgende vlak te klim,” sê De Villiers.

Die OP se klubs sal by die Hoërskool Cillié in Gqeberha vergader om hul kruisies te trek.

André Rademan, die huidige president, word deur Vernon Stuurman teengestaan.

Teen die einde van die week was daar ’n geknor uit die geledere van albei kampe se ondersteuners dat hul man die beste is en dat die ander een nie eens daarop geregtig is om as kandidaat te staan nie.

Dit klink of dit ’n redelike gelykopstryd kan wees en dis moeilik om ’n wenner te voorspel.

“Ek wil net graag sien dat beamptes die energie wat hulle voor ’n verkiesing uitstal, dit vir die regte redes doen. As hulle net daar wil wees (in die bestuur) vir die prestige en nie bereid is om hard te werk om die unie op te hef nie, dan is dit jammer,” sê De Villiers.

“As jy in die bestuur wil dien, moet jy ’n positiewe impak probeer maak.”

Meer oor:  Op-Olifante  |  Peter De Villiers  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.