Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beast dankbaar oor rugby, fokus nou op sake

Die Springbok Tendai “Beast” Mtawarira gaan, noudat hy uit rugby getree het, fokus op sy sakebelange en sy direkteurskap in die Fidelity Security-groep.

“Ek kon daarin slaag om een stewel in die sakewêreld te hê. Ek is eintlik een van die direkteure in die sekuriteitsgroep. Ek het ’n goeie plan in plek vir uittrede,” het Mtawarira Vrydag gesê.

Tendai Mtawarira op ’n stormlopie teen Engeland in die eindstryd van die rugbywêreldbekertoernooi in Japan. Foto: Getty Images

Die stut het Vrydag die Springbokke se trofee-toer in Durban meegemaak waar tienduisende mense die span te siene gekry het.

Mtawarira het gesê hy is baie dankbaar vir dit wat rugby alles vir hom beteken het.

“Ek is gelukkig om die afgelope agt jaar by Fidelity Security betrokke te wees. Maar, ek is so dankbaar oor die reis waarop ek was. Om die Springbok- en die Haaie-truie te dra, was ’n eer.”

Siya Kolisi, Springbokkaptein, poseer Vrydag saam met toeskouers tydens die sy span se oorwinningstoer in Durban. Foto: Gallo Images

Volgens hom is daar ’n moontlikheid dat hy steeds oorsee kan speel.

“Ek tree af met baie vrede in my hart. Dit is die manier hoe ek wou gaan. Vir nou is dit my finale besluit om Suid-Afrika se oewers te verlaat en miskien na ’n geleentheid oorsee te kyk.”

Siya Kolisi, Springbokkaptein, neem ’n foto van hom en ’n jong ondersteuner en sy pa tydens die Springbokke se trofee-toer in Durban. Foto: Gallo Images

“Dit is ongelooflik om die aantal aanhangers op straat te sien. Ek wil KwaZulu-Natal bedank dat hulle in groot getalle gekom het om te deel in die besonderse prestasie wat die Springbokke in Japan behaal het.

“Dit beteken regtig baie. Baie dankie vir julle ondersteuning, dit is werklik oorweldigend,” het hy gesê.

Mtawarira het die laaste paar oomblikke van die finaal teen Engeland as senutergend beskryf.

“Ek was op die bank en dit was spannend, maar ons het geglo in wat Rassie (Erasmus) na die tafel gebring het. Ons het hard gewerk en het aanhou glo. Die drieë het gekom en dit was nie ’n verrassing nie.”

Volgens hom was Erasmus ’n groot faktor in die span se oorwinning.

“Danksy Rassie was ons almal saam as ’n span. Hy is die eerlikste afrigter wat ek in my hele loopbaan gehad het.”

Siya Kolisi, Springbokkaptein, poseer Vrydag saam met toeskouers tydens die sy span se toer in Durban. Foto: Gallo Images
Opgewonde Springbok-ondersteuners wag in Durban om hul wêreldbeker-helde te sien. Foto: Gallo Images
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.