Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beast groet Haaie ook ná 13 jaar

’n Dag nadat hy sy uittrede uit toetsrugby aangekondig het, het Tendai “Beast” Mtawarira die Haaie Donderdag ook vaarwel toegeroep.

Tendai “Beast” MtawariraFoto: Gallo Images

Die 34-jarige stut sê die moontlikheid dat hy sy loopbaan in die buiteland kan voortsit, is nie uitgesluit nie. Hy sal aan die einde van die maand ná sy Barbarians-wedstryd ’n finale besluit neem.

Benewens die feit dat Mtawarira met die derde meeste toetse (117) vir Suid-Afrika spog naas Victor Matfield (127) en Bryan Habana (124), was hy ook ’n kolos op plaaslike vlak. Sy 159 verskynings vir die Haaie in Superrugby  – die meeste deur enige Suid-Afrikaanse speler in dié reeks – en drie Curriebeker-titels (2008, 2010 en 2013) saam met die KwaZulu-Natallers getuig hiervan.

“My loopbaan as speler in Suid-Afrika het met ’n sprokie geëindig en as ’n speler kon ek nie vir enigiets meer gevra het nie.

“Dit was vir my ’n groot eer om die swart-en-wit-trui te kon dra en ek sal ewig dankbaar wees dat die Haaie jare gelede vir my die geleentheid gegee het,” het Mtawarira gesê.

Eduard Coetzee, uitvoerende hoof van die Haaie, het groot lof vir Mtawarira gehad.

“Regdeur sy loopbaan van 13 jaar was hy ’n ware ambassadeur vir die spel wat ongelooflik lojaal en toegewyd aan die Haaie was. Dit is moeilik om sy impak op die spel in ’n paar woorde op te som en sy nalatenskap sal vir baie jare voortleef.

“Hy tree uit met wonderlike herinneringe, wetende dat hy ’n impak gemaak het op die jong en senior spelers rondom hom en ook op talryke ondersteuners,” het Coetzee gesê. – Sportredaksie, Sharksrugby.co.za, Sport24

Meer oor:  Haaie  |  Tendai Mtawarira  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Beast Mtawarira  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.