Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beast is uit, Trevor dalk op loskop

Trevor Nyakane se insluiting op loskopstut deur die Blou Bulle vir Saterdag se Curriebeker-halfeindstryd teen die Westelike Provinsie, kan iets met die Springbokke se vier toetse in November te doen hê.

Trevor Nyakane / Foto: Getty Images

Rapport verneem Beast Mtawarira het ’n borsbesering. Hy kan die toetse teen Engeland, Frankryk, Skotland en Wallis misloop. Dít kan vandag bevestig word dat hy tot agt weke uit is wanneer Rassie Erasmus sy toergroep bekend maak.

Steven Kitshoff sal soos in die Bokke se laaste paar toetse in die Rugbykampioenskap die eerstekeuse-vaskopstut op toer wees.

Mtawarira se besering kan meebring dat Nyakane, wat die Rugbykampioenskap en toetse teen Engeland en Wallis weens ’n besering misgeloop het, die plaasvervanger-loskopstut word.

Nyakane was aanvanklik die eerstekeuse-vaskopstut vir die toetsreeks teen Engeland in Junie, maar hy is die week voor die eerste toets op Ellispark op die oefenveld beseer.

Die Bokke kan met ’n groep van 35 spelers na Europa toer, wat ook die veelsydige voorryman Thomas du Toit in berekening bring. Ook hy kan as Mtawarira se plaasvervanger oorweeg word.

Coenie Oosthuizen is nog iemand wat die oog in die Curriebeker getref het, maar hy sal moet wag om te hoor of daar plek is vir hom nadat Frans Malherbe, Wilco Louw en Vincent Koch hul kant in die Rugbykampioenskap gebring het.

* Die Aussie Angus Gardner is intussen as die skeidsregter vir die Bokke se toets op 3 November op Twickenham teen Engeland aangestel.

Wallis se Nigel Owens is die blaser in die toets teen Frank­ryk op 10 November in Parys.

Die Fransman Romain Poite en Luke Pearce van Engeland sal onderskeidelik die toetse teen Skotland en Wallis hanteer.

Meer oor:  Trevor Nyakane  |  Curriebeker  |  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wp  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.