Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beast: Rassie se planne kan WB-deurslag gee

Om later vanjaar met die Wêreldbeker beloon te word, sal alles vir Tendai (Beast) Mtawarira beteken.

“Dit is waarna daar gestreef word,” het dié veteraan-loskopstut van die Springbokke Maandag by die spanhotel in Fourways gesê.

Die veteraan-stut Tendai (Beast) Mtawarira verlede week by ’n Springbok-oefening op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

As een van die mees ervare spelers in wêreldrugby, wat al twee Wêreldbeker-toernooie agter die rug het, wat reken hy gaan die groot verskil vanjaar moet wees om die Bokke met die Webb Ellis-trofee as deel van hul bagasie uit Japan te laat terugkeer na Suid-Afrika?

“Ek glo die beplanning (vir die toernooi) gaan van die grootste belang wees,” vertel hy.

“Dit is juis iets wat Rassie (Erasmus (die afrigter) baie goed gedoen het. Hy het al die spelers op dieselfde bladsy as hy wat die beplanning betref en hoe hy wil hê hulle moet speel.

“As spelers is dit vir ons belangrik dat die prentjie duidelik is en ons presies weet waar ons staan en wat van ons verwag word. Rassie is uitstekend daarmee en is beslis nie ’n toe boek vir die spelers nie,” sê Mtawarira.

“In die verlede is daar ook gesukkel om ’n fikse Bokgroep byeen te kry ná die Superreeks, maar vanjaar gaan dinge veel beter.

“Ons doelwit is om die Rugbykampioenskap te wen,” sê hy.

Daar is nog baie rugby in die Beast oor en sy rugbydae is nog lank nie verby nie.

Maklik sal dit egter nie wees nie, want dié reeks bestaan vanjaar vanweë die Wêreldbeker-toernooi slegs uit ’n enkelronde en twee van Suid-Afrika se drie kragmetings is oorsee.

Tendai Mtawarira het Maandag breed geglimlag toe sy voorspeler-afrigter by die Bokke, Matt Proudfoot, voorspel het dat hy nog sal aanhou speel ná die Wêreldbeker-toernooi. Foto: Gallo Images

Mtawarira is een van die Bokke wat ’n gebrek aan wedstryd-fiksheid het, aangesien hy teen die einde van April laas gespeel het toe die Haaie die Waratahs in Sydney geklop het in hul Superstryd.

Hy sê hy het ten volle herstel van sy kniebesering en hy is “super opgewonde” om weer die Boktrui oor sy kop te kan trek.

“Ons kan eintlik nie wag as ’n eenheid om op die veld te gaan en ons taak te verrig nie. Ek is iemand wat al die afgelope vier jaar gereeld dink aan die Wêreldbeker-toernooi en dit as die groot hoogtepunt van die jaar sien,” sê hy.

Vir diegene wat ook reken dat dié Wêreldbeker die swanesang van die 33-jarige Beast kan wees, is daar nuus.

“Ek kan jou amper waarborg dit gaan nie die geval wees nie,” het Matt Proudfoot, die voorspeler-afrigter, van hom laat hoor waar hy langs Mtawarira gesit het.

“Daar is nog baie rugby in die Beast oor en sy rugbydae is nog lank nie verby nie,” het hy gesê, terwyl die ou grote van die Haaie tande gewys het soos hy geglimlag het.

Meer oor:  Matt Proudfoot  |  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.