Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beast ‘Roc’ nou ook saam met Siya

Roc Nation Sports, die Amerikaanse agentskap wat die belange behartig van Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, het ook nou vir Tendai "Beast" Mtawarira in sy stal.

Tendai Mtawarira op die kruin van sy loopbaan vir die Haaie. Foto: Getty Images

Terwyl Mtawarira (35) reeds uitgetree het, sal Roc Nation se fokus daarop wees om sy “handelsnaam, kommersiële entiteite en filantropiese bedrywe” te bestuur.

Mtawarira het tussen 2008 en 2019 vir die Springbokke in 117 toetse opgedraf en hy het vir die Haaie 159 Superrugby-wedstryde gespeel.

Die voormalige Bok-loskopstut se storie gaan egter nie daar eindig nie, sê Michael Yormark, president van Roc Nation Sports. Trouens, Mtawarira begin volgens Yormark eenvoudig net ’n “opwindende nuwe hoofstuk in sy loopbaan.

Michael Yormark, president van Roc Nation Sports. Foto: Getty Images

“Hy is ’n legende van die spel met ’n merkwaardige storie. Ons sien uit daarna om hom te help om sy handelsnaam uit te bou en sy nalatenskap gestalte te gee op die wêreldverhoog,” sê Yormark.

Mtawarira sê hy voel “verheug en werklik geëerd” om onder Roc Nation se vaandel te wees.

“Die handelsnaam is dinamies en toekomsgerig, wat presies is wat ek benodig vir die volgende hoofstuk van my lewe,” sê hy.

Roc Nation is sedert die aanwins van Kolisi besig om sy teenwoordigheid in Suid-Afrikaanse sport uit te bou. Die Bok-blits Cheslin Kolbe en Proteas-krieketspeler Lungi Ngidi is ook onder sy vaandel.

Daar is ook sprake dat die Springbok-haker Bongi Mbonambi hom eersdaags by Roc Nation gaan aansluit. Dit sal gerugte versterk dat hy die Stormers kan verlaat om ’n skuif na die Haaie te maak.

Gerugte wil dit hê dat Bongi Mbonambi (links) eersdaags saam met Tendai Mtawarira en Siya Kolisi in Roc Nation Sports se stal gaan wees. Foto: Getty Images

Die Haaie het in Januarie aangekondig dat hulle ’n “strategiese vennootskap” met Roc Nation aangegaan het.

Yormark is ook ’n lid van die Amerikaanse konsortium MVM Holdings, wat ’n beherende belang in die Haaie-franchise bekom het.

MVM se aanvanklike wens was om ’n beherende belang in die Westelike Provinsie Rugbyunie se sakevleuel te bekom, maar onderhandelinge het ’n dooiepunt bereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.