Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bill vat weer Wêreldrugby se leisels

Bill Beaumont het stof in die Argentyn Agustín Pichot se oë geskop en is Saterdag vir ’n tweede termyn aangewys as Wêreldrugby se voorsitter.

Die 68-jarige Engelsman het 28 stemme op hom verenig, terwyl Pichot 23 gekry het. Sy volgende termyn van vier jaar sal op 12 Mei begin ná die raadsvergadering van Wêreldrugby.

Bill Beaumont oorhandig ’n silwermedalje aan Eddie Jones, Engeland se afrigter, nadat Suid-Afrika die Rose in die eindstryd van 2019 se Wêreldbekertoernooi in Japan geklop het. Foto: Getty Images

Bernard Laporte, president van die Franse Rugbyfederasie, is as ondervoorsitter gekies.

Beaumont het ’n beroep op eenheid gedoen en gevra dat daar dadelik skouer aan die wiel gesit word om die sport te laat groei te midde van die uitdagings van die Covid-19-pandemie.

“Ek voel geëerd om die mandaat van die raad van Wêreldrugby te aanvaar om weer te dien as voorsitter. Ek wil graag vir Gus (Pichot) bedank vir sy vriendskap en ondersteuning die afgelope vier jaar.

Nou is nie die tyd om fees te vier nie. Ons het werk om te doen.
Bill Beaumont

“Hoewel ons teen mekaar gestaan het in die veldtog, streef ons dieselfde doelwitte na en ek het die grootste respek vir hom. Gus is passievol oor die sport en sy bydrae was ongelooflik,” sê Beaumont volgens ’n verklaring van Wêreldrugby.

“Oor die afgelope vier jaar het ons baie bereik, maar ons is nou eers by rustyd en moet aangaan in die tweede helfte. Ek het ’n duidelike mandaat om met Bernard saam te werk om progressiewe, betekenisvolle en volhoubare verandering teweeg te bring.

“As ’n organisasie moet ons voortgaan om te lei, deursigtig en aanspreeklik wees en aangaan om tot diens te wees. Ons moet verenig in ons doelwit om hierdie wonderlike sport selfs beter te maak, eenvoudiger, veiliger en meer toeganklik.

“Nou is nie die tyd om fees te vier nie. Ons het werk om te doen. Ons moet Covid-19 takel en ’n strategie implementeer om ’n toepaslike terugkeer tot rugby – wat spelers se welstand voorop stel – te maak,” sê Beaumont. – Sportredaksie

Meer oor:  Bill Beaumont  |  Bernard Laporte  |  Agustin Pichot  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.