Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Bedekte seën’ dat vrouespan nie Rio toe is

Dit was dalk ’n bedekte seën dat sy span nie Olimpiese Spele toe is nie, want hulle sou heel waarskynlik in diep water gewees het.

Dis die mening van Renfred Dazel, afrigter van die Springbokke se vrouesewesspan, wat die naweek weer begin het om vir hulle ’n plek in Wêreldrugby se sewesreeks vir vroue oop te speel.

Al is hulle tans nie een van die permanente spanne in die reeks nie, het Suid-Afrika se vroue agtste in Dubai geëindig. Hulle is in die kwarteindronde deur Nieu-Seeland met 0-38 uitgeskakel.

Volgens Dazel was hy nie te ongelukkig met die besluit van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee om sy vrouespan nie Spele toe te stuur nie.

“Om by die Spele met 40 of 50 punte te verloor, sou ons rugby verniel het,” het Dazel gesê. “Ons het nie genoeg tyd gehad om vir Rio voor te berei nie, so my gevoel was destyds so 50/50 vir die Spele.

“Die spelers is nou vir langer saam en daar is meer selfvertroue sigbaar.

“Hoe meer jy teen goeie spanne speel, hoe beter sal jy word. Ons weet wat ons wil bereik.

“Hopelik kan ons ons groep uitbrei en meer spelers oor die seisoen betrek. Dit sal ons in ’n beter posisie plaas wanneer die kwalifiseringstoernooi vir volgende jaar se sewesreeks aanbreek.

“Aan die einde van die dag is dit ons plig om ons beste te lewer en vir goeie uitslae te sorg. Dit gaan egter tyd neem om die verlangde resultate te kry.”

Dazel het nou sy oog op 2020 se Olimpiese Spele in Tokio. Die span se vertonings sal deurslaggewend wees in Saskok se besluit of die span Spele toe sal gaan. Daarom vereis dit positiewe resultate.

Meer oor:  Renfred Dazel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.