Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beker vol geld wag op Bokke in Japan
Die William Webb Ellis-trofee

SA Rugby sal tydens die Wêreldbekertoernooi ’n sappige geldwortel voor die Springbokke se neuse rondswaai.

Elkeen van die 31 Springbokke wat Wêreldbeker toe gaan, sal ’n koel R1 292 250 ná die groepwedstryde verdien as Suid-Afrika die William Webb Ellis-beker omhoog hou.

Dít sluit nie wedstrydgelde en wenbonusse vir die groepwedstryde in nie. Bogenoemde bedrag is slegs die spelers se verdienste in wedstrydgeld en wenbonusse uit moontlike deelname aan die kwarteindstryd, halfeindstryd en -eindstryd.

Elkeen van die 31 Bokke sal R238 203 kry as Suid-Afrika die eindstryd haal. Die wenbonusse vir elkeen vir die eindstryd is R476 406.

Elkeen van die 31 Bokke sal R238 203 kry as Suid-Afrika die eindstryd haal. Die wenbonusse vir elkeen vir die eindstryd is R476 406.

Vir deelname aan die halfeindstryd sal SA Rugby ’n bedrag van R166 742 in elkeen van die 31 spelers se bankrekening betaal.

Dieselfde bedrag sal as wenbonusse aan elkeen in die groep vir die halfeindstryd oorbetaal word.

Die wedstrydgeld vir die kwarteindstryd is R136 966 vir elke speler in Japan. Die wenbonusse vir die kwarteind is R107 191 per speler in die groep.

Sou die Bokke in die halfeindstryd uitgeskakel word, sal elke Suid-Afrikaner op toer R100 000 in wedstrydgeld vir die uitspeelstryd om die derde plek, of dan die bronsmedalje, ontvang.

Die wenbonusse vir die bronsmedalje-stryd is R100 000 per speler in die groep.

Betalings vir die groepwedstryde word anders deur SA Rugby uitgewerk.

Slegs die ongekontrakteerde spelers in die weeklikse 23-talle sal wedstrydgeld van R113 146 elk per toets ontvang.

Meer oor:  Japan  |  Sa Rugby  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.