Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Benetton-blitzkrieg breek moedige Kings

Een enkele punt het die Kings Saterdag in Port Elizabeth daarvan weerhou om ’n tweede sege in die Pro14-reeks te behaal.

Die Italiaanse span Benetton het die Kings in ’n opwindende en mededingende kragmeting voor sowat 5 000 toeskouers in die Nelson Mandelabaai-stadion met 36-35 verslaan.

Masixole Banda van die Southern Kings laat loop die bal in sy span se Pro14-stryd Saterdag teen Benetton. Foto: Gallo Images

Die Kings het vroeg twee drieë afgestaan en moes daarna strykdeur terugveg.

Deon Davids, die Kings-breier, het ná die wedstryd dié twee drieë as ’n keerpunt in die stryd bestempel.

“Jy kan nie ’n wedstryd begin deur twee drieë weg te gee nie. Ons moes daarna die hele tyd die wedstryd jaag,” sê Davids.

“Ek is baie teleurgesteld met die uitslag, want ek dink ons het genoeg kanse gehad om meer punte aan te teken. Ons het dié geleenthede egter nie goed genoeg gebruik nie.

“Ons het onsself ook kwaai onder druk geplaas deur die bal soms nie uit te skop nie.”

Kurt Coleman, die Kings se losskakel, het puik gespeel in die eerste helfte en sy span gehelp om die rustyd met ’n skrale agterstand van 26-21 in te gaan. Hy het egter nie ná rustyd teruggekeer nie.

“Dit was ’n gevoelige slag om Kurt met ’n (been)besering te verloor. Hy het die wedstryd taamlik goed beheer voordat hy af is.”

Kieran Crowley, die Benetton-breier, was baie bly dat sy span kon vasbyt om dié stryd te wen.

“Die Kings het gedurende die seisoen baie verbeter. Hulle het baie vaart agterlangs,” sê hy. 

    Meer oor:  Benetton  |  Kings  |  Pro14-Reeks
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.