Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Benoude boude? Wat wou'

Dit het miskien vir meeste waarnemers na ’n broekskeur-affêre gelyk, maar Hyron Andrews sê die Haaie was Saterdag teen die Vrystaat strykdeur vas oortuig hulle sal dié Curriebeker-wedstryd wen.

Hyron Andrews vandeesweek by ’n Haaie-oefening. Foto: Gallo Images

Die Haaie het eindelik danksy ’n doodsnik-drie deur Kobus van Wyk met 27-20 geseëvier.

“Dit was ’n taai wedstryd en dit is wat ons verwag het, maar ons het die hele week gefokus op dit wat vir ons voorlê,” sê die slot Andrews.

“Tydens die wedstryd het ek nooit die gevoel gekry ons gaan verloor nie. Daar was tye wat ons onder druk was, maar ons het gehou by ons plan en ons het kalm gebly.

“By oefeninge doen ons dinge wat ons in sulke druksituasies plaas en dit het deurgekom in die wedstryd. Ons was goed voorbereid.”

Die Haaie is nou op soek na bestendigheid. Hulle het reeds teen Griekwas en die Pumas verloor, maar ook in die tweede week die Westelike Provinsie uitoorlê.

Andrews sê bestendigheid word op die oefenveld gekweek.

“Alles begin by oefeninge. As ons bestendigheid by oefeninge kan kweek, sal ons dit na die wedstryde kan deurvoer.”

Die Haaie se fokus verskuif nou na die Goue Leeus, teen wie hulle Sondag in Johannesburg te staan kom. Andrews hoop veral sy goeie vennootskap met sy slotmaat Ruben van Heerden kan daar voortgesit word.

“Ek geniet dit om saam met Ruben te speel. Hy is een van die hardste werkers in die span. Hy maak my taak makliker. Dit is lekker om hom daar te hê,” sê Andrews.

“Ons daag mekaar uit, vul mekaar aan en maak mekaar beter spelers.

“Hy is nog goed in die lynstane ook, so as ouens my merk in die lynstane, weet ek ons kan op hom gooi.”

Hy verwag ’n groot stryd teen die Leeus.

“Elke wedstryd in die kort Curriebeker-reeks is belangrik. Ek verwag ’n baie taai, hoëtempo-wedstryd op Ellispark.”

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.