Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bergh beloon met Ixias-kontrak tot 2022

Pieter Bergh se kontrak as afrigter van die Ixias se rugbyspan is met drie jaar verleng.

Pieter Bergh, afrigter van die Ixias. Foto: Argief

Dit volg ná die span se suksesvolste seisoen nóg in die Varsitybeker-reeks waarin hy drie van sy agt wedstryde gewen het.

Dit het oorwinnings oor groot kanonne soos hul buurman, die Shimlas, en die Universiteit van Johannesburg ingesluit.

Die 33-jarige Bergh, wat voorheen Griekwas se hulpafrigter was, sal die span tot in 2022 brei.

Hy het die leisels laat in 2018 by die oud-Bok Tiaan Liebenberg, wat nou die span se hulpafrigter is, oorgeneem.

Bergh sê hy is bly oor die vertroue wat in hom gestel word.

Sy pligte is nie slegs tot die Varsitybeker-reeks beperk nie, hy brei ook die span in die Stadsbeker-kompetisie.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Ixias  |  Pieter Bergh
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.