Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pieter Bergh is die Ixias se nuwe breier

Pieter Bergh, tot onlangs toe Griekwas se agterlyn-afrigter, is aangestel as die Ixias se nuwe hoofafrigter vir die Varsitybeker-reeks.

Pieter Bergh is die Ixias se nuwe hoofafrigter. Foto: Verskaf

Bergh was sedert 2012 aan die Poubloues verbonde en met die aanstelling van Brent Janse van Rensburg as Griekwas se nuwe breier is sy kontrak nie hernu nie.

Die voormalige Springbok-haker Tiaan Liebenberg, tot nou toe die afrigter van die Ixias, die rugbyspan van die Sentrale Universiteit van Tegnologie in die Vrystaat, bly aan as hulpafrigter en sal voortaan die voorspelers brei.

Na wat verneem word, wil Liebenberg meer tyd deurbring by sy familie-onderneming, wat vinnig groei.

“Dit gaan ’n uitdaging wees, maar ek dink nie daar gaan ’n groot verskil tussen die afrigting by Griekwas en Ixias wees nie.

“Ixias is nie een van die groot spanne nie, maar ek dink daar is heelwat ooreenkomste tussen die spanne,” sê Bergh, wat vir die Varsitybeker-reeks aangestel is.

Bergh val op 29 Oktober by sy nuwe werkgewer in wanneer daar met voorbereiding vir volgende jaar se Varsitybeker-reeks begin word.

Ixias het vanjaar net een wedstryd in die reeks, teen die Madibaz (met 38-37) in Bloemfontein, gewen.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Ixias  |  Tiaan Liebenberg  |  Pieter Bergh  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.