Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bernard le Roux mag teen Iere speel
Die Hane se boertjie Bernard le Roux. Foto: Getty Images

Die Franse slot Bernard le Roux is vrygespreek om Saterdag teen Ierland uit te draf in hul Sesnasies-finale nadat hy uitgewys is vir vuilspel teen Wallis die afgelope naweek.

Die 31-jarige Le Roux, wat in Moorreesburg in die Wes-Kaap gebore is, het Alun Wyn Jones, die Rooi Drake se kaptein, se kop met sy voorarm getref. Die twee spanne was Saterdag in Parys slaags, met die tuisspan wat met 38-21 koning gekraai het.

Die skeidsregter, Karl Dickson, het die voorval gemis, maar Le Roux is agterna uitgewys en het Dinsdag voor ’n dissiplinêre komitee verskyn.

“Die dissiplinêre komitee het bevind mnr. Le Roux het hom aan vuilspel skuldig gemaak (’n oortreding van Reël 9.12), maar dat dit nie ’n rooikaart regverdig het nie. Hy is dus vrygespreek om dadelik weer te speel,” sê die Sesnasies in ’n verklaring.

Die Franse is tans derde op die punteleer en kan die eerste keer sedert 2010 daarin slaag om die Sesnasies te wen. Ierland is eerste, gevolg deur Engeland. Die Rose kom Saterdag teen Italië in Rome te staan.

– Reuters

Meer oor:  Toetsrugby  |  Vuilspel  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.