Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beroemde Eden Park kry straks nuwe naam
Eden Park in Auckland kan dalk binnekort ’n nuwe naam hê. Foto: Getty Images

Die ikoniese Eden Park in Auckland, die rugbystadion waarin die All Blacks twee van hul Wêreldbeker-titels beklink het, gaan glo ’n naamsverandering ondergaan.

Die Kiwi-publikasie Newshub.co.nz berig dat die Eden Park Trust, wat die stadion besit, die naamregte aan ASB Bank verkoop het.

Die rede vir die besluit is glo die dramatiese finansiële effek wat die Covid-19-pandemie vanjaar op die stadion se inkomste gehad het.

Volgens Newshub is die nuwe naam van die stadion nog nie bekend nie, maar uiteraard sal die bank se naam ’n prominente deel daarvan wees.

Die stadion se naam kan moontlik reeds voor die tweede Bledisloebeker-toets tussen die All Blacks en Wallabies op 18 Oktober in Auckland verander. – Sportredaksie

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Auckland  |  All Blacks  |  Naamsverandering  |  Eden Park  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.