Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Beroepspelers gaan op veld sterf tensy...’

Professionele rugbyspelers kan op die veld sterf tensy dié sport voorkomingstrategieë implementeer om hul veiligheid te verbeter.

So sê die voormalige Walliese kaptein Sam Warburton in sy outobiografie, Open Side, waarin hy sy kommer oor noodlottige beserings in rugby in onlangse jare uitspreek.

Sam Warburton in aksie tydens die Britse en Ierse Leeus se toer van Nieu-Seeland in 2017. Foto: Getty Images

Die 30-jarige Warburton het voorbeelde uitgewys soos dié van Nicolas Chauvin, ’n 18-jarige speler in die Franse klub Stade Francais se akademie, wat verlede Desember dood is nadat sy nek in ’n plettervat gebreek is.

“Rugby is net ’n spel. Dis nie die moeite werd om daarvoor dood te gaan nie,” sê Warburton.

“As daar nie binnekort iets gedoen word nie, gaan ’n professionele speler in ’n wedstryd, voor al die TV-kameras, sterf en eers dan sal mense pleit dat stappe gedoen moet word. Dit sal ’n reaksie wees, eerder as vooruitbeplande aksie.”

Warburton, wat in Julie 2018 uitgetree het nadat hy nie volle fiksheid kon herwin ná ’n nek- en knie-operasie nie, sê wedstrydbeamptes moet strenger optree teen spelers wat onwettig bind en teenstanders op gevaarlike wyse skoonmaak by losskrums.

“Baie word gedoen, veral rondom die voorkoming van harsingskudding, maar jy sal nooit duikslae veilig kan maak nie,” sê hy.

Kort voor die Wêreldbeker (WB)-rugbytoernooi in Japan het hy ook ’n beroep op Wêreldrugby gedoen om die hantering van harsingskudding te standaardiseer.

Hy prys Wallis en Engeland vir die wyse waarop hulle spelers behandel wat houe teen die kop kry, maar glo dat Frankryk nie aan dieselfde standaarde voldoen nie.

“Frankryk is nie ernstig oor harsingskudding nie en hulle het sterftes in die afgelope 12 maande gehad,” het hy aan die BBC se Scrum V-potgooi gesê.

“Van wat ek van die spelers en afrigters daar hoor, word gevalle van harsingskudding nie ernstig hanteer nie en dis waar ek dink Wêreldrugby meer by die unies moet uitkom.” – Reuters

Meer oor:  Plettervat  |  Open Side  |  Harsingskudding  |  Nicolas Chauvin  |  Sam Warburton  |  Biografie  |  Duikslae
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.