Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wedders gun Bokke min kans in Wellington
As Siya Kolisi en sy Springbok-span Saterdag in Wellington die “onmoontlike” vermag deur die All Blacks te klop, sal hulle tot die sesde plek op Wêreldrugby se ranglys klim. Foto: Getty Images

As die Springbokke teen alle verwagtinge die All Blacks Saterdag in Wellington klop, sal hulle met Skotland plekke ruil en van die sewende na die sesde plek op Wêreldrugby se ranglys klim.

Hulle kan selfs die vyfde plek inneem indien Argentinië met die Wallabies in Australië se Goudkus afreken. Sou die Poemas met meer as 15 punte wen, sal hulle die agtste plek by Frankryk afneem.

Die “goeie” nuus is darem dat die Bokke vir eers nie verder as sewende kan terugsak nie.

Beroepswedders is dit egter eens dat die Bokke ’n drag slae gaan kry. Die Britse beroepswedder BoyleSports is so oortuig dat die Kiwi’s gaan wen, dat hy hulle op 1/66 plaas. Anders gestel moet ’n persoon £66 op die All Blacks verwed om £1 se wins te maak, sou die Kiwi’s wen.

Betfair, Matchbook en Smarkets is met 1/16 die vrygewigste vir diegene wat geld op die All Blacks wil maak.

As jy oortuig is die Bokke gaan wen, lê jou heil by Ladbrokes of Marathon Bet teen 16/1.

BetFred is op 80/1 die vrygewigste vir ’n gelykopuitslag.

Wêreldrugby-ranglys

Voorste tien spanne

1. Nieu-Seeland 94.52 punte

2. Ierland 90.12

3. Wallis 85.94

4. Engeland 85.68

5. Australië 84.45

6. Skotland 83.02

7. Suid-Afrika 81.35

8. Frankryk 79.10

9. Argentinië 77.02

 

Meer oor:  Ranglys  |  Bokke  |  Springbokke  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.