Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Berry in beheer van Pro14-eindstryd

Stuart Berry volg in die voetspore van Nigel Owens en Romain Poite wanneer hy Saterdag slegs die vyfde skeidsregter word om beheer te neem van ’n eindstryd in die Pro-rugbyreeks.

Stuart Berry / Foto: Gallo Images

Berry is die fluitjiedraer in Dublin vir die Pro14-eindstryd tussen Leinster en die Scarlets.

Dié Suid-Afrikaner is deel van ’n neutrale span wedstrydbeamptes, met Marius Mitrea van Italië en Mike Adamson van Skotland, wat as assistent-skeidsregters aangewys is vir die stryd in die Aviva-stadion. Neil Paterson van Skotland is die televisie-skeidsregter.

Berry, wat die eerste Suid-Afrikaner geword het om ’n groot uitspeelstryd in ’n klubkompetisie in die Noordelike Halfrond te hanteer toe hy verlede week die blaser was in die halfeindstryd tussen Leinster en Munster, is verlede jaar in die Pro14-eliteskeidsregtersgroep ingesluit toe die Cheetahs en die Southern Kings tot dié kompetisie toegetree het en dit van die Pro12- na die Pro14-reeks herdoop is.

Buiten sy 13 verskynings in die Pro14-reeks dié seisoen, was Berry die skeidsregter in 26 Superrugby-wedstryde en 11 toetse.

Hy het sy Pro14-buiging in die derde ronde in die wedstryd tussen die Ospreys en Munster gemaak.

“Ons is baie trots op Stuart en ons weet hy sal Suid-Afrika se naam hoog hou in Dublin,” sê Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie.

“Sy aanstelling in die eindstryd van die Pro14-reeks is welverdiend en ons glo dit bevestig dat ons toetrede tot die opwindende reeks in die Noordelike Halfronde ’n sukses was.

“Ons het baie nuwe rugbyvriende in Ierland, Wallis, Skotland en Italië gemaak en ek glo ons teenwoordigheid is op baie maniere in die reeks gevoel.

“Ons wil Stuart en sy kollegas sterkte toewens vir Saterdag se wedstryd, sowel as die Scarlets en Leinster, in wat beloof om ’n uitsonderlike eindstryd te wees.”

Greg Garner, skeidsregter-bestuurder van die Pro14-reeks, sê dié aanstellings wys dat hulle die balans kan handhaaf in die strewe na neutrale beamptes met die vermoë om wedstryde van dié aard te hanteer.

“Die toevoeging van Suid-Afrikaanse skeidsregters tot die Pro14-reeks het ons ’n groter poel van blasers gegee om van te kies en ons toegelaat om ’n neutrale paneel vir die naweek aan te wys.”

Die neutraliteit van skeidsregters was onlangs in Suid-Afrika weer ’n besprekingspunt toe die Stormers hul ontevredenheid uitgespreek het met ’n Nieu-Seelandse blaser (Mike Fraser) se hantering van ’n wedstryd waarin ’n Kiwi-span (die Chiefs) die Kapenaars se teenstander was.

* Vorige eindstryd-skeidsregters in Pro-rugby: 2010: Chris White, Engeland (Leinster t. Ospreys); 2011: Nigel Owens, Wallis (Munster t. Leinster); 2012: Romain Poite, Frankryk (Leinster t. Ospreys); 2013: John Lacey, Ierland (Leinster t. Ulster); 2014: Nigel Owens, Wallis (Leinster t. Glasgow Warriors); 2015: Nigel Owens, Wallis (Munster t. Glasgow Warriors); 2016: Nigel Owens, Wallis (Connacht t. Leinster); 2017: Nigel Owens, Wallis (Scarlets t. Munster). – Sportredaksie

Meer oor:  Scarlets  |  Pro14  |  Stuart Berry  |  Leinster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.