Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Besering kelder All Black-buks se WB-droom

Die opwindende veelsydige agterspeler Damian McKenzie se seer knie gaan hom uit vanjaar se Wêreldbeker (WB)-toernooi hou, terwyl Steve Hansen, afrigter van die All Blacks, waarsku nog spelers gaan waarskynlik weens beserings die rugbyskouspel in Japan misloop.

Damian McKenzie ontvang mediese hulp in Saterdag se wedstryd teen die Blues. Foto: Getty Images

Stuff McKenzie het die naweek in die Chiefs se Superrugbywedstryd teen die Blues ’n ligament in sy regterknie geskeur. Hansen glo, gegewe die intensiteit van Nieu-Seelandse derbykragmetings, hy kan dalk nog spelers oor die volgende paar maande kwyt wees.

“Hy kan tot agt, nege maande buite aksie wees,” sê Hansen van McKenzie, wat 23 toetse vir die Kiwi’s gespeel het.

’n Groep van 41 All Blacks het Maandag bymekaargekom vir die eerste van twee oefenkampe in die aanloop tot die WB-toernooi.

“Dit is regtig hartseer vir hom om dit mis te loop. Hy is steeds jonk genoeg om waarskynlik in aanmerking te kom vir die volgende twee (WB-toernooie), so dit skep ’n geleentheid vir iemand anders,” sê Hansen.

“Ons moet beserings verwag en daar sal meer wees as net hy, glo ek, teen die tyd dat ons die finale groep vir die toernooi aanwys.”

Minstens nege All Blacks is tans op die krukkelys, maar Hansen sê die nuus oor twee van sy mees ervare spelers – die senter Sonny Bill Williams en flank Sam Cane – is belowend.

’n Knieoperasie kan Williams moontlik ses weke buite aksie hou, “maar baie mense herstel volkome van kraakbeenbeserings, so ons is nie bekommerd nie,” sê Hansen.

Cane het vandeesmaand weer aan ligte kontaksessies begin deelneem nadat hy in Oktober sy nek gebreek het teen die Springbokke in Pretoria.

Ander All Blacks wat tans Superrugby weens beserings misloop, sluit Owen Franks, Aaron Smith, Liam Squire, Luke Whitelock en Codie Taylor in, asook Waisake Naholo en George Bridge.

– Sportredaksie

Meer oor:  Damian Mckenzie  |  Toetsrugby  |  Superrugby  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.