Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beseringspook woelig in Leeukuil
Stean Pienaar is een van ’n rits Leeus oor wie se kop ’n beseringswaard hang. Foto: Gallo Images

Die Leeus lek nog vandeesweek hul wonde nadat hulle die afgelope Saterdag met 31-26 deur die Blou Bulle geklop is op Ellispark.

Danksy die twee bonuspunte wat die Leeus gekry het, is hulle saam met Griekwas bo-aan die puntelys. Die Leeus kom Sondag op Ellispark teen die Haaie te staan.

Daar is egter verskeie beserings waaroor daar eers later in die week duidelikheid sal wees.

Die flank Vincent Tshituka, vleuel Stean Pienaar en die stut Johannes Jonker het almal beserings opgedoen teen die Bulle en daar hang ’n vraagteken oor hul beskikbaarheid.

Dan word die senters Jan-Louis la Grange en Manny Ras ook albei gemonitor vir moontlike harsingskudding.

Die stut Dylan Smith sal ook nog die kragmeting met die Haaie misloop, terwyl nog ’n voorryman, Jacobie Adriaanse, ook eers vandeesweek sy fiksheid sal moet bewys.

Die stut Dylan Smith sal ook nog die kragmeting met die Haaie misloop, terwyl nog ’n voorryman, Jacobie Adriaanse, ook eers vandeesweek sy fiksheid sal moet bewys.

Dieselfde geld die flank Cyle Brink, wat ook nog nie in vanjaar se Curriebeker-reeks in aksie was nie.

Courtnall Skosan

Die Bok-vleuel Courtnall Skosan se naam sal ook nie op die spanlys vir Sondag verskyn nie, terwyl nóg ’n Bok-vleuel, Aphiwe Dyantyi, ook nie fiks genoeg is om teen die Haaie te kan speel nie.

Hy is in ’n wedloop teen tyd om oorweeg te kan word vir die Wêreldbeker-groep. Die hoop bestaan dat hy wel aanstaande naweek in die Leeus se laaste liga-kragmeting, met Griekwas in Kimberley, kan speel en dus so by die agterdeur kan inglip wat die groep na die Wêreldbeker betref.

Uit die Leeukuil is die nuus dat hulle besef hul spel was morsig teen die Bulle en dat hulle eintlik die span was wat begin paniekerig raak het toe die Bulle vir feitlik driekwart van die kragmeting met net 14 spelers moes klaarkom. Hoewel die passie daar is by hierdie klomp jong welpies, is die gevoel dat hulle met ’n veel beter struktuur moet speel.

Meer oor:  Courtnall Skosan  |  Johannesburg  |  Beserings  |  Leeus  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.