Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beseringspook woelig in WP se kamp

Die Westelike Provinsie se probleme met beserings het vererger voor Vrydag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Pumas op Nuweland.

Michal Haznar gaan die beseerde Ruhan Nel op buitesenter in die Westelike Provinsie se span vir Vrydagaand se Curriebeker-kragmeting met die Pumas vervang. Foto: Gallo Images

Ruhan Nel (buitesenter) en Juarno Augustus (agtsteman) se name is by dié van Seabelo Senatla (vleuel) en Neethling Fouché (vaskopstut) op die krukkelys gevoeg. Met John Dobson, die afrigter, wat boonop besluit het om spelers in vier posisies te roteer is sewe veranderinge gemaak aan die span wat in verlede naweek se nederlaag teen die Leeus opgedraf het.

Nel se plek op buitesenter word ingeneem deur Michal Haznar, terwyl Jaco Coetzee en Tristan Leyds onderskeidelik vir Augustus en Senatla vervang.

Rikus Pretorius, wat Dan du Plessis vervang, draf op binnesenter uit.

Op skrumskakel is daar vir Paul de Wet ’n geleentheid in die plek van Godlen Masimla, David Meihuizen is op slot in die plek van JD Schickerling, en Scarra Ntubeni sal die WP se ander Springbok-haker, Bongi Mbonambi, vervang.

Westelike Provinsie: Damian Willemse, Angelo Davids, Michal Haznar, Rikus Pretorius, Tristan Leyds, Tim Swiel, Paul de Wet, Jaco Coetzee, Ernst van Rhyn, Siya Kolisi (k), David Meihuizen, Salmaan Moerat, Frans Malherbe, Scarra Ntubeni, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS (uit): Bongi Mbonambi, Ali Vermaak, Lee-Marvin Mazibuko, Chris van Zyl, Johan du Toit, Herschel Jantjies, Kade Wolhuter, Dan du Plessis, Kwenzo Blose, Marcel Theunissen, Sihle Njezula.

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Pumas  |  Wp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.