Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Beste blaser nóg’ Rasta groet 7’s-rugby

Die skeidsregter Rasta Rasivhenge groet sewesrugby ná die naweek se Kaapstad-sewestoernooi om hom heeltyds op die vyftienman-kode toe te spits.

Rasta Rasivhenge. Foto: Getty Images

Rasivhenge het in 2007 sy buiging as blaser gemaak en mettertyd die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se elite-paneel gehaal. Daarna het hy hom as een van die voorste skeidsregters in Wêreldrugby se sewesreeks gevestig. Hy is tans ’n lid van die WP Rugbyunie se skeidsregtersvereniging.

Paddy O’Brien, die bestuurder van skeidsregters vir die sewesreeks, sê Rasivhenge is die suksesvolste skeidsregter in die geskiedenis van sewesrugby. Rasivhenge was die skeidsregter in die Olimpiese eindstryd in Rio de Janeiro in 2016, asook in die Wêreldbeker-eindstryde vir sewesrugby in Moskou (2013) en San Francisco (2018). Hy het ook in sy ses jaar as blaser in die sewesreeks talle uitspeelwedstryde behartig.

“Rasta is ’n kans gegee om vanjaar in die Superrugby-reeks sy stempel af te druk en het Sanzaar se bestuur beïndruk. Dis daarom belangrik dat hy op die vyftienman-kode fokus sodat hy die geleentheid het om sy potensiaal te verwesenlik,” sê O’Brien in ’n nuusverklaring deur Saru.

“Hy het duidelik ’n baie blink toekoms.”

Saru se senior bestuurder van skeidsregters, Banks Yantolo, het in dieselfde verklaring Rasivhenge vir sy “uitstaande diens” bedank.

“Rasta was bestendig goed in sy ses jaar in die sewesreeks, waar hy ’n gerespekteerde en gewilde beampte is,” sê Yantolo.

“Dis gepas dat sy laaste keer met die fluitjie in ’n sewestoernooi voor ’n fantastiese skare in Suid-Afrika gaan wees. Ons wens hom alles van die beste toe in die vyftienman-kode.” – Sportredaksie

Meer oor:  Blasers  |  Sewes  |  Skeidsregters  |  Rasta Rasivhenge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.