Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beter videospeletjie kritiek vir rugby

Wêreldrugby se ondervoorsitter en die man wat Bill Beaumont as voorsitter wil onttroon, Agustin Pichot, sê die sport moet met ’n beter videospeletjie vorendag kom en Esports omhels indien dit nuwe aanhangers wil lok en behou.

Die Argentyn Agustin Pichot. Foto: Getty Images

FIFA en die NFL vaar uitstekend op dié gebied. Sokker en Amerikaanse voetbal se grootskaalse beleggings en samewerking met klubs en unies het verseker dat dié onderskeie sportsoorte se gewildheid die afgelope jare geweldig toegeneem het.

Rugby suig egter aan die agterspeen en Pichot glo ’n groter belegging in hierdie aspek van die spel se bemarking is “kritiek” om ’n groter gehoor te bereik en koester.

“Dit is pynlik,” sê Pichot oor die gebrek van ’n gehalte-rugbyspeletjie aan RugbyPass.

“Ek is mal oor videospeletjies. Ek het in Chicago met EA Sports gesels toe die All Blacks teen Ierland gespeel het. Ons het dit bespreek, hoe duur dit is.

“Ek het ’n voorstel aan Wêreldrugby gemaak, maar dit het mettertyd moeilik geraak om na te streef.

“Dit is kritiek dat ons Esports by ons sport betrek, nie net vir tye soos hierdie nie, maar dit sal wonderlik wees as ons rugbyspelers ons videospeletjie kan speel.”

Jonah Lomu Rugby is waarskynlik ’n uitsondering op die reël van ’n gebrek aan gehalte-rugbyspeletjies in die verlede.

Dié speletjie het groot voordeel getrek uit die gewildheid van dié All Black-ster. Dit mag dalk die trekkrag van ’n soortgelyke superster verg om vir ’n herlewing in rugbyspeletjies te sorg.

– Sportredaksie

Meer oor:  Videospeletjies  |  Esports  |  Bill Beaumont  |  Jonah Lomu  |  Toetsrugby  |  Wêreldrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.