Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Beter VS-span wat WP nou pak'

Dis sal Saterdag presies ’n dag kort van ’n jaar gelede wees dat die Westelike Provinsie se rugbyspan die Vrystaat-Cheetahs ’n drag slae loesing van 32-0 gegee het.

As dit van die Vrystaatse vleuel William Small-Smith afhang, sal dit nie weer gebeur nie.

William Small-Smith druk vroeër die seisoen een van sy twee drieë teen Griekwas. Foto: Gallo Images

Die spanne is Saterdag in Bloemfontein in hul laaste groepwedstryd in vanjaar se Curriebeker-reeks slaags en baie meer as net ’n sege is op die spel vir albei spanne.

Die Vrystaat en die Streeptruie is twee van vyf spanne wat ’n plek in die halfeindstryd jaag.

Verlede jaar se uitslag was nie te verwagte nie, maar die Vrystaters was toe besig om hul vere reg te skud vir die begin van die Pro14-reeks, wat sake erg bemoeilik het.

Vanjaar, sê Small-Smith, is hulle ’n baie beter span wie se aandag dié keer op een kompetisie, die Curriebeker-reeks, is.

“Die WP het daardie dag die aaklige toestande (nat en winderig) baie goed gebruik, hulle het goed geskop en hulle was strategies baie goed,” onthou Small-Smith.

Hy sê dit was die Vrystaat-span se eerste Curriebeker-wedstryd saam, maar hulle is ’n jaar later baie beter. Hy sê hulle het ook harde lesse in die Pro14 geleer wat hulle in vanjaar se CB-reeks gehelp het.

“Ja, ons is nou beter, maar die naweek kry die WP weer van hulle Springbokke terug. Dit gaan nie help ons fokus op die WP nie, maar liewer op ons eie spel.

“Ons gaan die WP die respek gee wat hulle verdien, maar Saterdag dit gaan dit oor wat ons wil doen.”

Die Kapenaars is Vrydag in Kimberley met die stert tussen die bene huis toe nadat Griekwas hul tjank afgetrap het en met 27-23 geklop het.

Hy sê dit gaan in die Rosestad belangrik wees dat hulle nie weer soos die afgelope naweek teen die Pumas, sagte drieë afstaan nie.

“Ons moet besit behou, vir lang tydperke. Daarby sal ons ook goed moet verdedig.”

Hy sê daar is glad nie meer druk as normaal op hulle nie, aangesien die afrigtingspan die druk van hulle weghou.

“Dit is meestal druk van buite, so dit plaas ons nie. Franco-hulle (afrigtingspan) probeer dit van ons af weghou. Ons gaan net uit en doen waarvoor ons lief is, speel rugby.

“Dit is nie asof ons oorlog toe gaan en doodgeskiet gaan word nie,” sê hy.

Small-Smith het die naweek in Mbombela sy terugkeer gemaak nadat hy drie weke gelede in die hospitaal opgeneem is voor die wedstryd teen die Goue Leeus. Hy het tydens die kapteinsoefening gesukkel om asem te haal.

“Dit was ’n terugslag toe ek voor die wedstryd teen die Leeus in hospitaal toe is en die wedstryd misgeloop het.

“ ’n Mens dink mos jy gaan vir altyd lewe, maar ek het groot geskrik. Ek kry nou nog ’n kans en is dankbaar daarvoor. Ek voel goed, gesond is bly om weer te kan rugby speel,” sê Small-Smith.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Vrystaat-Cheetahs  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.