Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beurtkrag steek stokkie voor Varsitybeker-stryd

Teleurstelling het Maandag op die geesdriftige toeskouers gewag wat die UJ-stadion se paviljoene volgesit het in afwagting van die Varsitybeker-derby tussen die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van Pretoria.

Nie ’n enkele minuut van aksie kon weens beurtkrag plaasvind nie en die spanne sal mekaar nou Dinsdag om 14:00 in die UJ-stadion pak.

Sowat ’n halfuur voor die spanne se afskop om 18:30 het die kragverskaffer Eskom besluit dat dié stryd nie op sy prioriteitslys is nie en is die area deur beurtkrag getref.

Daar is toe besluit om tot 20:00 te wag. Aanvanklik kon dit nie die gesing en gejuig van die wat by die UJ-stadion opgedaag het demper nie, maar ná die son gaan sak het en daar steeds geen teken van elektrisiteit was nie, moes selfs die mees optimistiese teenwoordiges vrede met die realiteit maak dat die wedstryd nie sou plaasvind nie.

Toeskouers is eindelik gevra om die stadion te verlaat vir hul eie veiligheid.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Beurtkrag  |  Uj  |  Tuks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.