Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bewindsoorname by Bulle voltooi

Die Bulle is op soek na ’n kundige wat die volgende generasie rugbysterre na Pretoria kan lok, nadat Xander Janse van Rensburg, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se hoëprestasiebestuurder, onverwags bedank het.

Xander Janse van Rensburg, hoëprestasiebestuurder van die Blou Bulle Maatskappy (BBM). Foto: Gallo Images

Die BBM het in ’n verklaring gesê Janse van Rensburg, wat sedert 2010 by die franchise betrokke was, het besluit om sy loopbaan te “herevalueer” en meer tyd saam met sy gesin deur te bring.

Hy was onder meer verantwoordelik vir die kontraktering van spelers.

Die BBM sê in die verklaring Janse van Rensburg het ’n ongelooflike passie vir die Bulle en die spel gehad.

Janse van Rensburg het die Bulle die beste toegewens en het gesê dit was ’n moeilike besluit om te neem.

“Ek wil die BBM en die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) opreg bedank vir die geleenthede wat ek gekry het.

“Dankie vir die hulp, ondersteuning en die voorreg om deel te kon wees van so ’n spesiale handelsmerk.

“Dit is met ’n dankbare hart wat ek afskeid neem van die Bulle-familie.”

Sy skielike bedanking – in die week wat die Bulle vir hul eerste wedstryd in vanjaar se Superreeks voorberei – beteken dat daar ’n totale bewindsoorname by Loftus was die afgelope paar maande.

Willem Strauss het in Maart verlede jaar by Gert Wessels as president oorgeneem, terwyl John Mitchell, die hoofafrigter en hoof van rugby, later die seisoen bedank het om by Engeland se nasionale span aan te sluit.

Pote Human is vanjaar die span se hoofafrigter.

Barend van Graan het verlede maand – ná 35 jaar se betrokkenheid by die Bulle – die tuig neergelê as uitvoerende hoof van die BBM en is sedertdien deur Alfons Meyer opgevolg.

Meyer het Janse van Rensburg alles van die beste toegewens met die volgende fase van sy loopbaan.

Janse van Rensburg was nie altyd gewild nie en het dikwels onder kritiek deurgeloop oor van die spelers wat by die Bulle gekontrakteer is.

Die voormalige Springbok-slot van die Bulle Bakkies Botha het in 2017 selfs Janse van Rensburg se geskiktheid vir die pos in die openbaar bevraagteken.

Tim Dlulane, ’n oud-Bok en ’n voormalige spanbestuurder van die Bulle, het nadat hy sy pos in ’n afleggingsproses verloor het, beweer Janse van Rensburg het ’n toksiese omgewing by Loftus gevestig en is een van die hoofredes waarom die span die afgelope paar seisoene so gesukkel het.

Meer oor:  Bulle  |  Superrugby  |  Xander Janse Van Rensburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.