Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bielie-stut Maks skuif na Harlequins

Die Suid-Afrikaans gebore stut Maks van Dyk het hom by die Engelse Premierliga-span Harlequins aangesluit vir die res van die 2019-’20-seisoen.

Maks van Dyk beur vorentoe vir Toulouse. Foto: Getty Images

Van Dyk, wat die skuif vanaf Toulouse maak, sal na verwagting as plaasvervanger optree vir Craig Trenier en nog ’n Suid-Afrikaner, Wilco Louw.

Van Dyk was ’n lid van die Junior Bokke se seëvierende span by die o.20-Wêreldbekertoernooi in 2012. In 2012 en 2013 het hy vir die Haaie in die voorry gesak, waarna hy van 2014 tot 2016 vir die Cheetahs uitgedraf het.

Die bielie het sy voorneme duidelik gemaak om vir die Hane toetsrugby te speel met sy skuif na Frankryk in 2016 toe hy by Toulouse ingeval het.

Hy is in 2014 kortliks aan Leinster geleen en het ook al vir Griekwas uitgedraf.

Die 28-jarige het luidens sy nuwe klub se webblad sy opgewondenheid oor die skuif duidelik gemaak.

“Die ouens weet hoe om aan te skakel en hulle weet hoe om af te skakel van die veld af en grappe te maak. Wanneer dit egter tyd is om diens te doen, dan doen hulle dit,” het hy gesê.

“Dit sal ’n wonderlike ervaring wees om rugby in die Premierliga te beleef en ek sien uit daarna om Harlequins te verteenwoordig.”

Paul Gustard, rugbyhoof by Harlequins, sien self daarna uit om dié oudleerling van die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) in aksie te sien.

“Ons het nog ’n vaskopstut gekort en as ’n wenner van die Top14-liga saam met Toulouse en ’n Junior-wêreldbeker-wenner in sy jeug, is Maks se prestasies en ervaring veelseggend,” het Gustard gesê.

Meer oor:  Frankryk  |  Harlequins  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.