Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Biggar spook wéér met kop-besering

Ten spyte daarvan dat die Walliese losskakel Dan Biggar verlede week die soveelste maal die afgelope paar maande harsingskudding opgedoen het, is die Rooi Drake se bestuurspan vol hoop dat hy binnekort terug op die veld sal wees.

Die 30-jarige Biggar het die veld verlede naweek teen Ierland in Dublin verlaat toe sy span met 14-24 vasgeval het.

Dan Biggar het vir die soveelste keer die afgelope paar maande las van harsingskudding. Foto: Getty Images

Wallis kom aanstaande naweek teen die onoorwonne Frankryk in Cardiff in die Sesnasies-reeks te staan en die Rooi Drake se vaardigheidsafrigter, Neil Jenkins, is vol vertroue dat Biggar oorweeg sal kan word.

“Dan is oukei. Hy volg die gewone protokol om sy terugkeer tot die spel te maak. Dit neem ’n tydjie, maar hy doen goed en herstel vinnig, so hopelik sal hy reg wees vir volgende naweek,” sê Jenkins in ’n verklaring van die Walliese Rugbyunie.

“Dan is ’n taai speler wat hopelik reg sal wees vir Frankryk. Hy is ’n losskakel van wêreldgehalte, iemand wat reeds lank in die saal is.”

Dit is die derde keer in skaars vyf maande dat Biggar harsingskudding opgedoen het, nadat dit twee keer tydens 2019 se Wêreldbeker-toernooi sy lot was.

Biggar sal nou ’n onafhanklike spesialis op die gebied van harsingskudding sien, berig The Guardian.

Wayne Pivac, die Rooi Drake se breier, sal hoop dat Biggar fiks verklaar word aangesien hy beperkte opsies op losskakel tot sy beskikking het, met Gareth Anscombe en Rhys Patchell wat albei beseer is.

Bekende Walliese spelers soos die agterspelers Leigh Halfpenny en George North het albei in die onlangse verlede tyd langs die kantlyn deurgebring om ná kopbeserings te herstel. – Sportredaksie

Meer oor:  Harsingskudding  |  Wallis  |  Dan Biggar  |  Wayne Pivac  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.