Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bismarck en Frans nie deel van span
Rassie ErasmusFoto: Gallo Images

Bismarck du Plessis en Frans Steyn sal nie vir Saterdag se toets teen Engeland op Ellispark oorweeg word nie.

Rassie Erasmus, Springbok-breier, het Maandag in Johannesburg gesê Du Plessis sluit hom eers Dinsdag by die groep aan, terwyl Steyn eers Woensdag in Suid-Afrika aankom.

Dié twee Bokke het Saterdag vir Montpellier in die eindstryd van die Franse Top14-reeks gespeel.

Bismarck du Plessis
Frans Steyn

“Bismarck gaan môre (Dinsdag) by ons aansluit en Frans Woensdag. Ek gaan hulle nie vir dié naweek oorweeg nie, want hulle gaan net een of twee oefensessies saam met ons hê. Dit sal nie regverdig wees teenoor die spelers wat die heeltyd saam met ons geoefen het nie,” sê Erasmus.

Bongi Mbonambi sal nou straks op haker begin, met Akker van der Merwe of Chiliboy Ralepelle op die plaasvervangersbank.

Op binnesenter sal Erasmus moet kies tussen Damian de Allende en André Esterhuizen, wat Saterdag een van die Bokke se uitblinkers was in die toets teen Wallis in Amerika.

“Die 15 ouens wat in Suid-Afrika agtergebly het en nie saam is Amerika toe nie, sal speel. Dit is nie noodwendig die geval dat hulle gaan begin nie. André (Esterhuizen) is ’n ou wat beslis sy hand opgesteek het. Agt van die ouens ouens wat teen Wallis gespeel het, sal oorweeg word vir Saterdag. Sommige van hulle kan dalk begin. Ons gaan dalk rondspeel met die beginspan.

“Ons moet goed besin oor die samestelling van die span. As ’n ou soos André op die bank sit, wie dek dan buitesenter en losskakel? Ons moet net die kombinasies regkry.”

Erasmus het ook bevestig dat die Bokke allermins so baie wil skop soos wat die geval was in dié toets wat Suid-Afrika met 22-20 verloor het.

Trouens, Erasmus sou sy hare uit sy kop trek van frustrasie as hoë hangskoppe vanjaar die Bokke se voorkeur-taktiek moes wees.

Nee, hemel, ons wil regtig nie net skop nie, dis nie die plan nie. Dit was ’n skopstryd in die eerste helfte en dít is nie wat ons dié seisoen wil doen nie. Die weer het ons gedwing om só te speel.
Rassie Erasmus

“Nee, hemel, ons wil regtig nie net skop nie, dis nie die plan nie. Dit was ’n skopstryd in die eerste helfte en dít is nie wat ons dié seisoen wil doen nie. Die weer het ons gedwing om só te speel.

Die vleuel Makazole Mapimpi.

“As ons só gaan speel, gaan dit baie frustrerend wees – nie net vir julle nie, maar vir ons ook. Hulle het ook baie geskop en ek was beïndruk met die manier waarop ons die skoppe hanteer het. Makazole (Mapimpi) was baie goed onder die hoë bal. Maar steeds het die drie drieë wat ons afgestaan het, op skopfoute gevolg,” sê hy.

Erasmus sê dit was tog die moeite werd om na Amerika te reis vir Saterdag se toets.

“Ek weet as ’n mens positiewe aspekte ná ’n nederlaag wil identifiseer, sê mense: ‘Hoe kan jy positiewe aspekte uitwys, jy het in die Springbok-trui verloor?’ Ek stem saam en ek vat dié een op die ken.

“Maar die positiewe was dat ons ná die eerste helfte goed gespeel het. Die plaasvervangers het goed gevaar. 13 ouens het hul buigings gemaak. Dis positief. Sommige spelers het regtig baie goed gespeel in hul buigings. Dink aan ouens soos Esterhuizen en Makazole. Daar was positiewe aspekte, maar uiteindelik word dit oorskadu deur die nederlaag.”

Meer oor:  Frans Steyn  |  Rassie Erasmus  |  Bismarck Du Plessis  |  Johannesburg  |  Haker  |  Ellispark  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.