Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bissie, Frans sal All Blacks kan pak

Bismarck du Plessis en Frans Steyn is albei vir die Rugbykampioenskap beskikbaar nadat hul Franse klub, Montpellier, ná mediese toetse ’n stokkie voor hul deelname aan die toetsreeks teen Engeland gesteek het.

Hul betrokkenheid by die Springbokke kan nou onder meer daarvan afhang of Rassie Erasmus hulle steeds as deel van sy Wêreldbekerplanne beskou.

Rapport se inligting is dat hulle die toetsreeks teen Engeland wél weens beserings misgeloop het.

Bismarck du Plessis
Frans Steyn

Montpellier het die Maandag voor die Bokke se eerste toets teen Engeland ’n mediese verslag aan die Bok-kamp gestuur.

Daarvolgens het Du Plessis met ’n nekbesering gesukkel, terwyl Steyn sy skouer in die Top14-eindstryd teen Castres beseer het.

Nadat hulle die verslag ontvang het, het die Bokke besluit om nie self toetse op Du Plessis-hulle te doen óf om hulle na Suid-Afrika te laat vlieg nie.

Rassie Erasmus was in ’n wedloop teen tyd gewikkel en het besluit om eerder sonder hulle in die Engelse reeks klaar te kom.

Du Plessis sukkel glo al geruime tyd met sy nekbesering. Of dit ernstig genoeg was om hom uit die eerste toets op Ellispark te hou, kan bevraagteken word, omdat hy al ’n ruk daarmee speel.

Hy wou met alle mag vir die Bokke speel en was uiters teleurgesteld dat sy klub dit voorkom het.

Sy klub, nie hyself nie, het hom ná die mediese toetse verhinder om die Bok-trui weer die eerste keer sedert 2015 te dra.

Steyn se skouerbesering is ernstiger. As hy hom wel die Dinsdag voor die Ellispark-toets by die Bok-kamp aangesluit het, soos aanvanklik tussen Erasmus en Montpellier ooreengekom is, sou sy skouer hom minstens uit die toetse in Johannesburg en Bloemfontein gehou het.

Erasmus sal binnekort begin met sy beplanning vir die Rugbykampioenskap, waarvan die eerste toets op 18 Augustus in Durban teen Argentinië is.

Dit word verwag dat Erasmus voor dan met Du Plessis-hulle sal vergader.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.