Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bitter Rassie is klaar met SA rugby

Rassie Erasmus is klaar met Suid-Afrikaanse rugby.

Die 43-jarige rugbyhoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sal volgens Rapport se onberispelike bronne ná die Springbokke se drie tuistoetse teen Ierland sy bande met dié beheerliggaam verbreek.

Rapport het op goeie gesag verneem dat Erasmus die afgelope week Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, ingelig het dat hy die pos as direkteur van rugby van die Ierse klubspan Munster aanvaar het.

Erasmus se bedanking volg op Allister Coetzee se aanstelling as die nuwe Springbok-afrigter.

Terwyl ’n beweerde stram verhouding tussen Erasmus en Oregan Hoskins, Saru-president, as een van die redes vir sy bedanking aangevoer word, word ook gesê dat Erasmus voel hy is deur Saru in die steek oor hulle hom nie as die nuwe Bokafrigter aangestel het nie.

In die vakuum wat ontstaan het ná Heyneke Meyer se bedanking as die Bok-breier, het Erasmus as ’n sterk kandidaat vir die pos na vore getree.

Rapport se bronne sê Erasmus stel dit vir hom as ’n doel om die Springbokke af te rig.

Dit blyk ook dat hy die belange van sy gesin opgeweeg het voor sy besluit om te bedank.

“Hy het nog sy hele loopbaan lank om sy gesin beplan. Sy tweelingdogters is byna 12 jaar oud en moet van skole verander.

“Sy jongste kind moet ook nou skool toe gaan. Dis nou vir hom die beste tyd om te skuif.

“Hy wil graag ’n nasionale span afrig as sy dogters uit die skool is. Hy sien saam met sy gesin uit na die uitdaging by een van Europa se sterkste klubspanne. Ek glo wat hy die afgelope vier jaar as Saru se rugbyhoof geleer het, sal hom ’n tien keer beter afrigter maak.”

  • Erasmus se vertrek gooi ook ’n skaduwee oor Jacques Nienaber se voortgesette betrokkenheid as heeltydse Saru-afrigter.

Nienaber, ’n groot vertroueling van Erasmus, werk as verdedigingspesialis by Saru se mobi-eenheid.

Daar word wyd bespiegel dat Nienaber Erasmus Munster toe gaan volg, indien onderhandelings met dié klub suksesvol is.

Saru skop egter glo vas en probeer alles in sy vermoë om Nienaber te behou.

Nienaber is ook ’n lid van Coetzee se span hulpafrigters by die Bokke en dit sal ’n groot slag wees om hom nou af te staan.

Hy is by al die nasionale spanne – van o.18’s tot by die Bokke – betrokke.

“Rassie sal eers ná die Ierse toetse loop,” het Rapport se bron gesê.

“Hy en Jacques het ’n besonderse vennootskap as afrigters en hul prestasie sedert hul dae as Cheetahs-afrigters is voortreflik.”

  • Intussen het Coetzee en sy Bok-bestuurspan die afgelope week vir die eerste keer in Kaapstad vergader. Coetzee is glo deur Saru ingelig dat hy sowat 20 sewesspelers – wat later vanjaar aan die Olimpiese Spele kan deelneem – nie vir die Ierse toetse mag oorweeg nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.