Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Basson keer terug na sy ou jagveld

Die oud-Springbok Bjorn Basson het hierdie week soomloos by sy nuwe span, Griekwas, ingeskakel, nadat hy in 2010 laas vir dié span in aksie was.

Bjorn Basson duik oor die doellyn teen die Luiperds in 2010 in Potchefstroom. Foto: Gallo Images

So sê Brent Janse van Rensburg, afrigter van die Poubloues, oor Basson (32) wat op die plaasvervangersbank ingesluit is vir Vrydag se Curriebeker-wedstryd teen die Pumas.

“Dit is lekker om hom weer in ’n Griekwas-trui te sien. Hy het baie ervaring en is ’n beroepsportman wat maklik by ons aangepas het sedert hy Maandag hier aangemeld het.

“Dit is goed dat hy vleuel en heelagter kan speel en ons sien uit na wat hy gaan bied,” sê Janse van Rensburg.

Vir Basson is sy terugkeer na Kimberley inderdaad soos om huis toe te kom. Hy het sy senior buiging in 2008 vir die Poubloues gemaak en die span in meer as 50 wedstryde tot 2010 verteenwoordig.

Dit was juis toe hy by Griekwas was dat hy in 2010 die eerste van sy 11 toetse vir die Bokke gespeel het. In sy tyd in Kimberley het hy ook die Cheetahs in Superrugby verteenwoordig, voordat hy koers Blou Bulle toe gekies het.

Dit is lekker om hom weer in ’n Griekwas-trui te sien.

Basson het ’n draai in Japan gemaak voordat hy in 2017 vir die Stormers gespeel het, ’n ruk in Frankryk was en verlede seisoen vir die Southern Kings in die Pro14-reeks uitgedraf het.

Hy hou steeds die rekord vir die meeste drieë in ’n Curriebeker-seisoen, die 21 wat hy in 2010 vir Griekwas gedruk het.

Eduan Keyter, wat teen die KwaZulu-Natallers op die plaasvervangersbank was, vervang die beseerde Enver Brandt op linkervleuel in die enigste verandering aan die beginspan.

Die veelsydige Keyter is ’n oud-leerling van Affies in Pretoria, wat die Suid-Afrikaanse Skolespan in 2014 verteenwoordig het.

Janse van Rensburg sê hy het sy planne agtermekaar vir die Laevelders.

“Ek verwag dat hulle die lynstane gaan gebruik as aanvalswapen, maar ook dat hulle agter ons gaan wil inskop. Maar, hulle sal ook die bal in die hand wil hou.”

* AJ le Roux, haker van Griekwas, sluit hom ná afloop van die Curriebeker-seisoen by die einste Pumas aan.

Griekwas:
Anthony Volmink, Ederies Arendse, Michal Haznar, André Swarts, Eduan Keyter, George Whitehead (k), Zak Burger, Niell Jordaan, Sias Koen, Gideon van der Merwe, Victor Sekekete, Ian Groenewald, Ewald van der Westhuizen, AJ le Roux, Khwezi Mona. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, Nqoba Mxoli, Johan Momsen, Zandré Jordaan, Chriswill September, Tinus de Beer, Bjorn Basson, Ruan Kramer.
Meer oor:  Pumas  |  Bjorn Basson  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.