Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blaser ontmoet man wat hom met dood dreig

Die rugbyligaskeidsregter Robert Hicks is geprys vir sy reaksie nadat hy ’n doodsdreigement op sosiale media ontvang het en met die verantwoordelike persoon vergader het.

Robert Hicks het gekies om die beter persoon te wees nadat hy doodsdreigemente ontvang het. Foto: Getty Images

BBCSport berig Hicks is deur ’n aanhanger van die Warrington Wolves, ’n rugbyligaspan wat in Engeland se Super-liga meeding, gedreig ná ’n kragmeting in Mei.

Die aanhanger het ’n opgeskorte skorsing ontvang om Wolves-wedstryde by te woon nadat hy met Hicks en die Wolves se uitvoerende hoof, Karl Fitzpatrick, vergader het. Die polisie is ook by die kwessie betrek.

“Ek wil nie hê enigiemand moet dink ek lag die voorval af nie – die dreigement het aansienlike kommer en ontsteltenis in my gesin veroorsaak," sê Hicks.

“Maar nadat ek die kwessie met Karl en die polisie bepreek het, was ons van mening ons sou ’n doeltreffender punt maak deur van aangesig tot aangesig met die persoon te vergader.

“Hoewel dit vir ons almal ’n moeilike ervaring was, dink ek ons het almal die vertrek verlaat met die gedagte dat die vergadering die moeite werd was.”

Die vergadering was glo die eerste in sy soort in die sport.

“Robert verdien lof vir die wyse waarop hy gereageer het en ons is meer as gelukkig om ons deel by te dra,” sê Fitzpatrick.

“Ons is nie die enigste klub wat hierdie tipe kwessie hierdie seisoen beleef het nie en ek dink die meeste ondersteuners sal erken die neerhalende wyse waarop skeidsregters gereeld behandel word, is onregverdig.

“Ons wil hê meer mense – seuns en meisies, mans en vroue – moet wedstrydbeamptes word. Dit gaan slegs gebeur as ons die kultuur in die spel verander en dit duidelik maak dat hulle met respek behandel moet word.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Skeidsregters  |  Toetsrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.