Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kearns: Blasers bevoordeel All Blacks

Die All Blacks kry ’n “vrypas” van skeidsregters, meen die Wallaby-legende Phil Kearns.

Die Wallabies se Tolu Latu is Saterdag vir 10 minute na die koelkas gestuur. Foto: Getty Images

Die Fransman Romain Poite het Saterdag in die derde Bledisloebeker-toets tussen Australië en Nieu-Seeland ’n paar beslissings gemaak wat die rugbypubliek verdeel.

Rugby365 berig Kearns is veral ontsteld met Poite se besluit om die Wallaby-haker Tolu Latu met ’n geelkaart van die veld te stuur in die tweede helfte van die Aussies se nederlaag met 20-37 in Yokohama, Japan.

Latu het die All Black-haker Codie Taylor in die gesig gestamp nadat die Kiwi hom sekondes vantevore teen die skouer gestamp het.

Kearns, ’n voormalige toetskaptein, gee toe Latu se reaksie was oordrewe, maar voel sy optrede het nie 10 minute in die koelkas regverdig nie.

“Ek moet sê, daardie geelkaart, ek is deurlopend gefrustreerd – en ek weet die res van die rugbywêreld, almal behalwe Nieu-Seeland – is gefrustreerd met die vrypas wat Nieu-Seeland by skeidsregters kry,” sê Kearns.

“Teleurstellend deur Tolu. Ja, seker, hy moes dit nie gedoen het nie maar regtig, skeidsregters moet bykom, niks het gebeur nie, niemand het seergekry nie, niemand het ’n vuishou gekry nie.

“Dit was net ’n klein stampie en die ander ou het hom eerste gestamp. Ek bedoel, die hele ding maak net nie sin nie.

“Gaan net voort met die wedstryd en dit was deel van my frustrasie, met die All Blacks wat ’n vrypas kry. Stuur dan albei af.”

Die voormalige Wallaby-skrumskakel George Gregan gee toe Latu sukkel met sy dissipline.

“Hulle teiken hom Codie Taylor het uit sy pad gegaan om ’n opruiende reaksie uit te lok en hy het gekry wat hy gesoek het,” sê Gregan.

“Jy moet op die vlak van internasionale rugby selfbeheersing uitoefen, hy sal dit moet aanleer.”

Die Wallabies pak Wallis, Italië en Engeland op hulle jaareindtoer.

– Sportredaksie

Meer oor:  Jaareindtoer  |  Toetsrugby  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Romain Poite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.