Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stryde op top vlak beding deur oproep
Die All Blacks en Wallabies sal mekaar volgende maand in Nieu-Seeland die stryd aansê nadat die Kiwi’s se eerste minister, Jacinda Ardern, gesê het dat kwarantynvereistes in haar land vir Australië se rugbyspan verslap sal word. Foto: Getty Images

Die Bledisloebeker-rugbyreeks tussen Nieu-Seeland en Australië skop op 11 Oktober in Wellington af met die tweede wedstryd ’n week later in Auckland, het die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) Dinsdag aangekondig.

Dié aankondiging kom nadat die Nieu-Seelandse eerste minister, Jacinda Ardern, haar Australiese eweknie, Scott Morrison, gebel het om spanning oor die skedulering te ontlont.

Dié kragmetings tussen die tradisionele rugbykragte sal die eerste toetse wees sedert die Noordelike Halfrond se Sesnasies-reeks in Maart weens die Covid-19-pandemie stopgesit is.

Die All Blacks en Wallabies se twee toetse teen mekaar in die Rugbykampioenskapsreeks, wat verlede week aan Australië toegeken is, sal ook deel vorm van die stryd om die Bledisloe-beker. Die Rugbykampioenskap sal in November en Desember plaasvind.

Ons is verheug oor die datums vir die toetse en sien uit daarna dat die Bledisloebeker-reeks weer aanstaande maand aan die gang sal kom.
Mark Robinson

“Ons is verheug oor die datums vir die toetse en sien uit daarna dat die Bledisloebeker-reeks weer aanstaande maand aan die gang sal kom,” het die NZR se uitvoerende hoof, Mark Robinson, in ’n verklaring gesê.

“Ons erken dat dit ’n komplekse en uitdagende legkaart was om te voltooi en ons is dankbaar dat albei rugbyliggame, saam met ons regering, bymekaar kon kom om hierdie wedstryde te laat plaasvind.”

Dave Rennie

Nieu-Seeland se streng kwarantyn-maatreëls was ’n tameletjie vir die Wallabies, met die afrigter, Dave Rennie, wat gesê het sy span sal weier om ’n Bledisloe-toets voor 17 Oktober te speel, omdat hulle nie genoeg tyd sal hê om voor te berei nie.

Ardern het Dinsdag aan ’n plaaslike radiostasie gesê sy het met Morrison gepraat om die lug te suiwer en dat Nieu-Seeland sy kwarantyn-regulasies sou verslap om die Aussies tegemoet te kom.

Volgens die nuwe maatreëls sal die Wallabies nou as ’n groep kan oefen vier dae nadat hulle in die land aangekom het, mits daar geen positiewe koronavirus-uitslae teen die derde dag is nie.

Rob Clarke, Rugby Australië (RA) se waarnemende uitvoerende hoof, het die NZR en die Nieu-Seelandse regering bedank.

“Dave (Rennie) en die span is baie opgewonde om in Nieu-Seeland te gaan speel,” het hy in ’n verklaring gesê. – Reuters

Meer oor:  Scott Morrison  |  Dave Rennie  |  Ian Foster  |  Jacinda Ardern  |  Australie  |  Nieu-Seeland  |  Bledisloebeker  |  All Black  |  Toetse  |  Wallabies  |  Staatshoofde  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.